2024 Olimpiese Spele in Parys
Frankryk
Ná drie mislukte pogings kry Parys die kans om die 2024 Olimpiese Spele aan te bied nadat Los Angeles sy aanbod onttrek het.
In ‘n ooreenkoms tussen die Internasionale Olimpiese Komitee en die twee stede is besluit dat Los Angeles die 2028-spele sal aanbied. Die amptelike aankondiging word eers in September verwag wanneer die komitee in Lima, Peru, vergader.
Dit sal die eerste keer in 100 jaar wees dat Parys die Olimpiese Spele aanbied. Benewens die 1924-spele het die Franse hoofstad ook die 1900-spele aangebied. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie