2019-voornemens: Dié apps kan jou op koers hou

Laat tegnologie jou vanjaar help om jou voornemens te verwesenlik.
William Horne - Wat ook al jou voornemens is, daar is ’n app wat kan help dat jy gemotiveerd en aanspreeklik bly teenoor jouself. En dit alles deur middel van die volgehoue kameraadskap van jou slimfoon as jy hom reg inspan.

1. Apps vir gewigsverlies

Jy kan nie ’n swak dieet wegoefen nie. Selfs ’n hele marathon van 42,2 km smelt slegs ongeveer 10 920 kilojoules (kJ) weg, terwyl een Big Mac-ete van McDonald’s met ’n middelslag-porsie skyfies en sjokolademelkskommel 5 964 kJ bevat.

’n Algemene mikpunt is om in totaal tussen 6 300 kJ en 8 400 kJ per dag in te neem as jy gewig wil verloor – hoe lank jy is, wat jy weeg, hoe vinnig jou rustende metabolisme is en hoeveel jy oefen, het alles ’n invloed op waarmee jy kan wegkom.

As apps in kalorieë eerder as kilojoule werk: ’n Kalorie is nagenoeg 4,2 kJ.

As jy ’n Apple Watch of fiksheidsbandjie soos ’n Fitbit het, gee dit vir jou ’n raming van hoeveel kilojoules jy elke dag verbrand; om gewig te verloor moet jy meer verbrand as wat jy eet.

Daar is ’n hele paar oulike apps wat jou kan help met jou eetplan.

Mealime – iO en Android

Die Mealime-app met sy enorme lys resepte stel jou in staat om jou hele week se maaltye (asook inkopies) te beplan.

Die app stel outomaties ’n lysie kruideniersware vir jou saam wat gegrond is op die maaltye wat jy die week wil eet.

Jy kan ’n profiel opstel vir elke lid van jou gesin, met hul gunstelinge-opsies asook kosallergieë, en al jou inkopies word dan gesentraliseer.

Die app wys outomaties die voedingswaarde van elke maaltyd sodat jy die korrekte hoeveelheid kilojoules vir elke lid van jou gesin kan beplan.

MyFitnessPal – iOS en Android

Dié app stel jou in staat om ’n opgawe te hou van hoe jy eet en hoe aktief jy is.

Jy vul besonderhede soos jou gewig, lengte en ouderdom in en die app bereken hoeveel kalorieë jy kan inneem.

Jy stel ’n doelwit, soos om gewig te verloor, en vul dan in wat jy eet of watter oefening jy doen. Jy kan die app ook toegang gee tot die data oor oefening wat reeds deur jou slimfoon of fiksheidsbandjie gemeet word.

Jy sal dan deur die loop van die dag aangemoedig word om sekere klein aanpassings te doen om jou doelwitte te bereik.

2. Apps vir jou geldsake

Hoe meer ’n mens bewus is van die staat van jou geldsake, hoe beter sal dit gaan. Apps kan jou finansiële wêreld sentraliseer sodat jy die hele prentjie sien en dit dus beter kan bestuur.

22seven – iOS en Android

Dié app, wat deur Old Mutual aangebied word, sentraliseer al jou bankrekeninge, kredietkaarte, beloningskaarte, lenings en beleggings op een plek – gratis. Met die grafiese uitleg van jou hele finansiële lewe help die app dan ook verder om jou te help patrone en geleenthede in jou besteding raak te sien.

Stel doelwitte op, maak beleggings regstreeks van die app af, en stel die mees gedetailleerde begroting op wat jy kan.

Snapscan – iOS en Android

Die baanbrekende betaal-app stel jou in staat om jou krediet- of debietkaart te koppel aan die app op jou foon sodat jy kaartloos by talle handelaars kan betaal. Jou foon se kamera word gebruik om ’n QR-kode te skandeer en binne sekondes is die betaling verwerk sonder dat jy jou beursie te hoef te onthou. ’n Bykomende bate van die diens is dat die app ’n volledige opgawe hou van jou aankope, wat dit ideaal maak om te begroot vir spesifieke uitgawes soos koffie of middagetes wat dan slegs deur dié app gekoop word.

3. Apps om beter gewoontes te handhaaf

Dis moeilik om ’n nuwe en gesonde gewoonte te begin, en om ’n slegte gewoonte te los is nog moeiliker. Maar of jy wil bylas of afskaf, sulke verandering kort deurlopende insette en herinnerings.

Plant Nanny – Water Reminder – iOS en Android

Dié eenvoudige app verg nie veel van jou nie en vra net dat jy ’n digitale plantjie water gee elke keer wanneer jy onthou om water te drink.

As jy te min water drink, gaan jou plant nie floreer nie, en as jy soos talle mense hopeloos te min water drink in ’n dag, gaan daar aanvanklik ’n baie groot hoop dooie digitale plante wees, soos joune verlep as ’n weerspieëling van jou eie lyf.

Om genoeg water in te neem op een dag, is nie net goed vir jou vel en algehele gesondheid nie, maar ook vir jou energievlakke, en met die hulp van ’n klein plantjie is dit ’n baie makliker gewoonte om te begin.

Done – A simple habit tracker – iOS

Met Done kan jy gesonde roetines begin, waar die app jou help om doelwitte te stel, jou vordering dop te hou en jou dan met die reeks suksesse as “kettings” te motiveer – alles binne ’n eenvoudige pakket.

As jy ’n doel stel soos om op te hou rook, dan elke dag wat jy bevestig jy is nog aan die gang met die doelwit, bou jy ’n langer en langer ketting, en al waarop jy moet fokus is om nie die ketting te breek nie. Vir gewoontes bou of breek is Done ’n uitmuntende bate. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014