2019 snel einde se kant toe
2019 snel einde se kant toe

2019 snel einde se kant toe

Denver Kisting
Denver Kisting – Ek is op rekord dat indien ek relatief heelhuids tot 1 Januarie 2019 sou oorleef, kan en sal niks my ooit weer onderkry nie.

Hierdie (arrogante) standpunt hou met niks anders verband nie as met hoe ywerig die grootste gedeelte van 2018 bloed en onmin gesaai het – mildelik in ons beursies, by uitstek op ons paaie, ruimskoots in ons hospitale, veral in ons huise en sonder twyfel in ons werkruimtes (vir diegene wat gelukkig was om hul werk te behou).

Ek het geen twyfel nie dis ’n kwessie van weke voor ons Kersliedjies gaan begin hoor en met Kersbome en twyfelagtige dekor begroet sal word.

Binne hoogstens ’n week of agt sal winkelsentrums maande voor die baanbrekergeboorte die blye tyding as oorbrekende nuus begin verkondig.

Sou die indruk bestaan dat ek uit my nate bars van opgewondenheid oor hierdie droewige vooruitsig stel ek dit graag onomwonde: Néé, ek doen nie.

As ons aanvaar die evangelie handel oor onvoorwaardelike liefde is dít waaraan my ore en oë jaarliks vir maande onderwerp word, myns insiens, allesbehalwe liefdevol.

Trouens, ek oorweeg dit om ’n orgaan te offer as die heelal gaan help keer dat ons binnekort in elke winkel begroet moet word met allerlei geykte liedjies en óf lewensmoeë óf kotskitsch versierings.

Ek wonder of die heelal oor ’n swartmark beskik en, indien wel, hoeveel muntstukke ’n betreklik gesonde en ongeskonde orgaan op daardie platform te midde van hedendaagse ekonomiese ellende sal inpalm.

Maar dis ’n breukdeel van die punt wat ek graag wil maak. Ek dwaal af – nie ’n ontluikende persoonlikheidskenmerk nie maar ’n konsekwente werklikheid sedert ek kon praat.

Oor 131 dae is dit 1 Januarie 2020.

2019 was waarskynlik rowwer as daai ongeskikte rit met die naam Operasie 2018 – ’n geïntegreerde teengelukveldtog wat ten doel gehad het om vrede en vreugde bestendig en suksesvol teen te werk.

Maar ek glo dis danksy daai brutale lesse wat ek plek-plek meen ons vaar beter op die meeste fronte.

’n Wysgeer was in ’n stadium van mening ’n mens moenie ’n goeie krisis verkwis nie.

Ek kan baie daarmee identifiseer.

Dit is danksy ’n ramp – hetsy ekonomies of elders – wat ’n mens gedwing word om buite jou gemaksone te speel.

Dis ’n geskenk om die druk te gebruik om op te hou om bínne die lyne in te kleur en nie te skiet vir die onbeperkte moontlikhede buite die spreekwoordelike boks nie.

Dis ’n gulde geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer, om k*k gewoontes af te leer en nuwes te probeer kweek.

Dis ’n kans om die basics af te stof en met nuwe oë daarna te kyk wat veral selfsorg betref.

Byvoorbeeld: Agt ure se ononderbroke slaap is die beste medisyne op aarde.

Minstens tien glase water in hierdie snikhete klimaat van ons met die pasafgelope twee en ’n half dae se winter is lewensbelangrik én goed vir die vel.

Dít wat ’n mens in jou mond druk, vul nie net jou maag en verruim jou fisiek nie, maar het ook ’n invloed op jou luim. Ek weet dis kotsduur, maar ’n mens moet probeer.

Die meeste mense tap jou energie en gesonde grense is vir oorlewingsdoeleindes ononderhandelbaar.

Drank, sigarette en dwelms kort nie net ’n mens se lewe in nie, maar dit verminder ook jou korter lewe se gehalte.

Beweging – my keuse is hol – verleng ’n mens se lewe. Feite.

Ek besef terdeë hoe riskant dit is om te vroeg te praat, maar ek gaan dit steeds sê: 2019 snel einde se kant toe en hy was (tot dusver) darem nie te k*k nie.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%