20 jaar gelede

16 October 2020 | Menings
Maandag 16 Oktober 2000

- Die onrealistiese eise van vakbondleiers namens werkers plaas die toekoms van honderder broodwinners in die visbedryf in die weegskaal.

- ’n Deel van die Angolese magte wat in Kavango gestasioneer is, sal eersdaags aan die gebied onttrek word.

- Een van die ontsnaptes uit die selle van Narraville by Walvisbaai is doodgeskiet en nog een ernstig gewond in ’n wilde skietgeveg Vrydagaand.

Dinsdag 17 Oktober 2000

- ’n Anker van die Joodse gemeenskap en lid van een van die oudste sakefamilies in Namibië, mnr. Morris Pupkewitz (86), is Sondag in Kaapstad aan emfiseem dood.

- Die gesindheid van fabriekwerkers en bemanningslede van bote van vismaatskappye op Lüderitz weerspieël nie die gees as waarmee die Namibia Seamen and Allied Workers Union (Nasawu) met werkgewers onderhandel nie.

- Die onverwagte toekenning van groot verhogings deur die Kabinet aan die bestuurskader van die staasdiens is dieper in omstredenheid gedompel deurdat vakbonde wat staatsamptenare verteenwoordig dit verwerp het.

Woensdag 18 Oktober 2000

- Verkragtingsake waarin die jongste beskuldigdes twaalf jaar oud is en die oudste 61, het gister se Hoërhof-rol oorheers. In die sake is die klaers minderjarige meisies.

- Die kortstondige rykmanslewe van die Prins van Swakop het gister in ’n kraaines van beweerde misdaad en bedrog uitgekring wat selfs ver buite die landsgrense rimpels maak.

- Die werksaamhede van Marco Fishing op Lüderitz het gisteroggend tot stilstand gekom nadat die Namibia Seamen en Allied Workers Union (Nasawu) nie bereid was om ’n salarisverhoging van 7,5 persent van die maatskappy namens sowat 360 werkers te aanvaar nie.

Donderdag 19 Oktober 2000

- Beskuldigdes uit haas elke ouderdomsgroep van die Namibiese samelewing in ’n reeks hofsake is vanoggend die droewige getuienis dat die euwel van verkragting ’n leefwyse in die land word.

- ’n Man in ’n rolstoel en ’n veiligheidswag is in aanhouding in verband met die verkragting van ’n vrou gister in die oggendure in die Windhoekse middestad.

- Die seedrama om die Pistchevaya Industria het gister op Walvisbaai voortgerol in ’n uitgerekte spel van “wag en sien” waar die Russiese voorradeboot steeds in die baai lê.

Vrydag 20 Oktober 2000

- Die effektiewe nasionalisering van die bates van Meatco, voorheen Swavleis, is gister ’n stappie nader gebring met die indiening van die Vleiskorporasiewet deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba.

- Namibië het die inisiatief geneem om ministers van grondsake van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) aanstaande maand byeen te bring om dié dringende kwessie op streekvlak te bespreek.

- Die onderwysers van Namibië het ’n kritieke rol te vervul in die voorbereiding van jong mense wat nie net die toekoms in die gesig staar nie, maar dit doelbewus en met verantwoordelikheid moet aanpak.

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

6 ure gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

7 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

23 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

23 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

23 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...