20 jaar gelede

03 December 2021 | Menings
Maandag 3 Desember 2001

- Twee inwoners van Gobabis is Saterdag dood deurdat hul mikrovliegtuig naby die dorp se stygbaan neergestort het.

- Nagenoeg duisend voormalige TCL-werknemers, wat reeds op 1 Junie 1995 afgetree het, se pensioene gaan binnekort heelwat verbeter nadat die likwidateure van die fonds ’n bykomende oorskot van N$37 miljoen vir die fonds bekom het.

- ’n Merkwaardige vrou wat diep spore in Namibië getrap het, mev. Joey Olivier, is gister in die ouderdom van 84 jaar in Windhoek dood.

- In 2001 het vigs drie miljoen lewens dwarsoor die wêreld geëis. Daarvan is 2,3 miljoen inwoners van Afrika besuide die Sahara.

Dinsdag 4 Desember 2001

- Namibiërs kan in 2002 dalk vir die eerste keer in jare met onveranderde brandstofpryse ná die Desember-vakansie verwelkom word.

- Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, gaan in 2005 uittree as hoof van die regeringsdiens. Hy gaan hom ter wille van party eenheid nie beskikbaar stel as visepresident van Swapo wanneer past. Hendrik Witbooi op volgende jaar se kongres die amp neerlê nie.

Woensdag 5 Desember 2001

- Die dringende wysiging van wetgewing vir ’n gedeeltelike of algehele verbod op die invoer van veevoerprodukte en grondstowwe uit Suid-Afrika wat nie vry van geneties gemanupileerde organismes (GMO’s) is nie, is noodsaaklik om die Namibiese vleismark in Europa te beskerm.

- Van die winkels in Swakopmund se sentrale sakegebied sal Saterdagoggend in ’n spitstydperk vir ’n uur sluit uit protes teen die verandering van straatname op die dorp.

- Visvangpermitte is reeds van 1 Desember by die kantore van die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbrone en by inspeksie-afdelings op kusdorpe en in Windhoek beskikbaar.

Donderdag 6 Desember 2001

- Bykans 200 000 ton graanprodukte sal vanjaar ingevoer moet word om in Namibië se verbruikersbehoeftes te voorsien.

- Die doeltreffende implementering van die nuwe Drankwet, wat die werksaamhede van sjebiens insluit, het die week die wind van voor gekry toe die Sjebieneienaarsvereniging (NASA) en sy lede hul voorbehoude uitgespreek het oor sekere bepalinge wat hulle regstreeks raak.

- Die TransNamib-direksie gaan volgende week voorstelle van die hoof uitvoerende beampte, mnr. John Shaetonhodi, om die maatskappy vaarbelyn te maak, wat moontlik vrywillige uitdienstrede kan insluit in oënskou neem.

Vrydag 7 Desember 2001

- Die Namibiese maatskappy Sat-Com het militêre radiokommunikasietoerusting met uitvoerpotensiaal gister ná die afhandeling van ’n ontwerp-en-vervaardigingseksperiment van byna ’n jaar in Windhoek bekend gestel.

- Die boek op Air Namibia as nasionale binnelandse karweier klap vanoggend finaal toe met die ondertekening van ’n ooreenkoms met Comav ingevolge waarvan dié private lugredery al Air Namibia se plaaslike verpligtinge oorneem.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...