20 jaar gelede…

08 November 2019 | Menings
Maandag 8 November 1999

• 'n Handelsooreenkoms en Maleisiese belegging in die Namibiese tekstielbedryf vir die oprigting van 'n klerefabriek op Okahandja gaan belastingbetalers sowat N$7 miljoen kos.

• Die bedrywighede van 'n groep onbekende swendelaars wat die familielede van gevangenes op slinkse wyse van geld beroof, is deur die Ministerie van Gevange­nisse en Korrektiewe Dienste oopgevlek.

• NamWater kan vir die eerste keer verplig wees om aanvraag­bestuur toe te pas indien invloei na damme wat Windhoek en die res van die sentrale gebied van water voorsien, die komende reënseisoen ontoereikend is.



Dinsdag 9 November 1999

• Voortgesette nie-amptelike segre­gasie in apostoliese kerkgeledere 'n dekade ná onafhanklikwording het die wind van voor gekry in 'n sterkbewoorde verklaring deur die Apostoliese Geloofsending (AGS) van Namibië.

• Die verleentheid van Air Namibia se gestrande Fokker F28-vliegtuig op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het gistermiddag 'n dringede aansoek in die Windhoekse Hoërhof tot gevolg gehad.

• Vierhonderd mense het reeds vanjaar in Namibië aan malaria gesterf.



Woensdag 10 November 1999

• 'n Dramatiese stap om Kalahari Holdings uit sy finansiële verknor­sing te red deur MultiChoice aandele te verkoop, gaan moontlik nie 'n werklikheid word nie.

• Air Namibia se Fokker F.28 3000, wat sedert 23 Oktober sonder 'n bedryfslisensie gestrand was, het Maandagaand sy eerste vlug na Kaapstad onderneem.

• Die Lusaka-vredesverdrag bestaan nog net op papier – groot­skeepse gevegte in die Demokratiese Republiek van Kongo duur voort.



Donderdag 11 November 1999

• 'n Loodskomitee is aangestel om 'n belangwekkende olie-ontdekking aan die Angolese kus tot die grootste moontlike voordeel van Namibië aan te wend.

• 'n Handgranaat wat bedoel was vir die Polisie het gister 'n einde gemaak aan die misdadigerslewe van een van die vier kriminele wat die naweek uit die Sentrale Gevangenis in Windhoek ontsnap het.

• Waarborge vir sowat N$855 miljoen deur die staat aan Air Namibia het die Namibiese regering in 'n finansiële knyptang met noodkrete wat binnekort in die private sektor kan weerklink.



Vrydag 12 November 1999

• Twee Swapo-vakbonde reël 'n optog van vierduisend onderwysers en ander staatsamptenare na Staatshuis op die vooraand van die verkiesings om 'n protesskrif aan pres. Sam Nujoma te oorhan­dig omdat hulle vanjaar geen salarisverhoging gekry het nie.

• Diewe wat 'n bondel van 1 200 koperkabels van 80 meter gesteel het, is daarvoor verantwoordelik dat die telefone van nagenoeg eenduisend inwoners van Katutura se westelike buitewyke tot môre buite werking sal wees.

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

7 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

7 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

7 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

7 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

7 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...