20 dood by waterval in Ghana
Altesaam 20 hoërskoolleerlinge het op Sondag 19 Maart hul lewens by die Kintampo-watervalle, 'n gewilde toeristebestemming in die Brong-Ahafostreek in Ghana, verloor. Volgens die woordvoerder van Ghana se nasionale brandweer, Prince Billy Anaglate, het die "ongewone ongeluk" plaasgevind toe die groep leerlinge by die watervalle gaan swem en 'n groot boom op hulle geval het. Agtien kinders het op die toneel gesterf en twee is in die hospitaal. Nog sewe ontvang behandeling waarvan een 'n administrateur van die skool is wat die uitstappie gelei het. Op die foto is polisie en vrywillige werkers by die waterval. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie