2 mediahuise hoor gou oor boete ná samespanning
Nellie Brand-Jonker - Nog twee mediahuise sou na verwagting Vrydag beboet word vir prysvasstelling met advertensies.
Die Mededingingstribunaal moet ’n skikkingsooreenkoms wat met Independent Newspapers en Caxton aangegaan is, Vrydag oorweeg.
Die ooreenkoms behels dat hulle onderskeidelik R53 miljoen en R23 miljoen sal moet opdok. Die boetes wat hulle kry, beloop onderskeidelik R2,2 miljoen en R5,8 miljoen van die bedrag.
Die saak handel oor die vasstelling van pryse en kontrakbepalinge wat ’n oortreding van die Mededingingswet is.
Die saak spruit uit ’n ondersoek wat in November 2011 gedoen is waarin bevind is die mediahuise het deur Media Credit Co-Ordinators (MCC) ooreengekom om dieselfde afslag en betalingsvoorwaardes te gee aan advertensieagentskappe wat advertensies by lede van die organisasie plaas.
Independent Newspapers en Caxton het erken hulle is aan die oortreding skuldig.
MultiChoice is reeds beboet omdat sy onderneming DStv Media Sales hom ook aan die oortredings skuldig gemaak het. MultiChoice moet R180 miljoen opdok – waarvan R22,3 miljoen ’n boete is.
Die totale bedrag wat die drie mediahuise moet betaal, hou verband met afslag wat op advertensies aan kwalifiserende klein advertensieagentskappe gegee gaan word, asook bydraes tot die Ekonomiese Ontwikkelingsfonds. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie