1ste grond-oudit in Suid-Afrika
Swart mense besit in twee van Suid-Afrika se vrugbaarste provinsies – die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal – reeds meer as 50% van alle landbougrond, wys die eerste akkurate oudit van grondbesit wat in die komende week bekend gemaak word.
Grondeienaars wat nie wit is nie, besit landwyd reeds sowat 26,7% van landbougrond en beheer meer as 46% van Suid-Afrika se landboupotensiaal. Die grond wat sedert 1994 na swart besit oorgedra is in doodgewone kommersiële aankope deur swart entrepreneurs en boere, was dubbel soveel as die grond wat vir swart eienaars aangekoop is deur die staat as deel van sy grondhervormingsprogram.
Dié syfers word vervat in 'n omvattende grondoudit wat die ekonoom Johann Bornman gedoen het vir Rapport se sustertydskrif Landbouweekblad. 'n Reuse-skenking deur Agri SA het dit moontlik gemaak om data oor honderdduisende grondtransaksies van aktekantore, asook geografiese data aan te koop en die navorsingsprojek te voltooi.
Só 'n oudit is nog nooit aangepak nie. Dit kom te midde van toenemende eise dat meer grond in swart besit moet kom.
Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se grondsentrum vir uitnemendheid, sê Agri SA het lankal besef 'n omvattende grondoudit is noodsaaklik omdat beleid gedryf word deur persepsie en emosie pleks van feite. Daarom het Agri SA sowat R1 miljoen in die projek belê.
'Ons het altesame 221 000 grondtransaksies ontleed.'
“Die prentjie van grondeienaarskap, en spesifiek eienaarskap van hoëpotensiaallandbougrond, lyk heeltemal anders as wat die persepsie is,” sê Pringle.
Nóg navorsing gaan gedoen word om 'n duidelike strategie te formuleer vir 'n grondplan wat strook met die voorstelle in die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Grondwet en wat werkskepping en die beskerming van eiendomsreg sal bevorder, sê Pringle.
Agri SA maak die volledige uitslae van die grondoudit met bykomende navorsing Woensdag om 09:00 by sy kantore in Centurion bekend.
Die sleutelbevindings sluit in:
In KwaZulu-Natal en Limpopo, wat tel onder die vrugbaarste dele van die land, word meer as die helfte van landbougrond gemeet in hektaar wat reeds deur swart mense besit word.
In drie van die vrugbaarste provinsies – die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo – is meer as 50% van die landboupotensiaal reeds in swart besit.
In KwaZulu-Natal word 45,4% van die landbougrond in oppervlakte reeds deur swart eienaars besit. Hierdie grond verteenwoordig 73,5% van die landboupotensiaal oftewel dravermoë in die provinsie.
Wit boere se eienaarskap van landbougrond het gedaal van 85,1% in 1994 (82,5 miljoen ha) tot 73,3% in Desember 2016.
Altesame 5 miljoen ha landbougrond is in dié tydperk deur swart mense gekoop, asook 1,7 miljoen ha vir gebruike anders as landbou. In dieselfde tydperk het die regering 2,1 miljoen ha landbougrond vir herverdeling gekoop. Provinsiale regerings en munisipaliteite het ook sowat 600 000 ha grond gekoop en herversprei, sê Bornman.
“Dis uiters interessant om te sien dat opkomende swart boere grond koop in die streke van hul herkoms. Zoeloesprekers sal gewoonlik nie in die Oos-Kaap koop nie en Xhosa-sprekendes nie in Limpopo nie.”
Landbouweekblad en Bornman het aanvanklik die oudit begin “omdat soveel onsin oor grondbesit gepraat word”. Dit is later uitgebrei. Bornman het onder meer 'n span van tien navorsers gebruik.
Bornman erken dit was “ongemaklik” om navorsing te doen waarin ras 'n rol speel.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie