1ste Covid-19-geval in Afrika suid van Sahara bevestig
Die derde geval van Covid-19 is op die vasteland bevestig en die eerste in Afrika suid van die Sahara.
Nigerië se departement van gesondheid het vroeg Vrydagoggend op Twitter aangekondig iemand in die land het positief vir die virus getoets. Die geval is Donderdag in die staat Lagos, die land se ekonomiese middelpunt, bevestig.
“Dit is die eerste geval in Nigerië sedert die uitbreking van die virus in China,” skryf die departement.
Gevalle van Covid-19 is reeds vroeër in Februarie in Egipte aangemeld, terwyl Algerië vroeër vandeesweek sy eerste geval bevestig het.
Covid-19 het in Desember 2019 in Sentraal-China in die stad Wuhan uitgebreek. - Netwerk24
Die getal mense wat Covid-19 wêreldwyd opgedoen het, staan tans op 83 045, terwyl die virus al die lewe van 2 858 mense geëis het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie