19-jarige vrou voor oor mesdood
Denver Kisting – ’n Jiong vrou van 19 verskyn na verwagting vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura weens moord.
Dít kom nadat sy glo die afgelope naweek haar 25-jarige kêrel, mnr. Thomas Alweendo Nicholas, in die hoofstad doodgesteek het.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het aan Republikein gesê Nicholas is op die toneel dood nadat hy in sy nek gesteek is.
Hy het glo die verdagte aangerand voor sy hom met die mes gesteek het, sê Shikwambi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie