19 000 sterftes elektronies aangemeld
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het 25 rekenaars vir sy elektroniese sterfte-aanmeldingstelsel gekry.
Sedert die inwerkingstelling verlede jaar van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie se elektroniese stelsel vir die registrasie van sterftes (e-dood-stelsel) in Oktober verlede jaar, is 19 000 Namibiërs se dood hierop aangeteken.
Dié inligting is bekend gemaak toe Old Mutual Dinsdag 25 rekenaars ter waarde van N$300 000 aan die ministerie oorhandig het om vir hierdie stelsel aan te wend.
Die waarnemende uitvoerende direkteur van dié ministerie, mnr. Collens Muleke, het by die geleentheid gesê die e-dood-stelsel is ‘n nuwe komponent van die burgerlike registrasie- en identifikasiebestuurstelsel in Namibië.
Volgens hom sal die rekenaars na hospitale en by lykshuise landswyd versprei word waar die toerusting ontbreek om hierdie stelsel doeltreffend te administreer.
Old Mutual se groeps- hoof uitvoerende beampte, mnr. Kosmas Egumbo, het tydens dié geleentheid gesê die skenking is gemaak om dienslewering in dié verband te verbeter.
Hy sê maklike toegang tot inligting oor sterftes sal dié lewensversekeraar help met sy taak om finansiële sekuriteit in onseker tye te verskaf.
“Een van die grootste vertragings wat ons as ‘n maatskappy ervaar, is die om die inligting van die oorledene deur die veelvoud van kanale wat bestaan, in te samel. Met hierdie enkele e-dood-stelsel word ons werk baie makliker,” het Egumbo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie