182 leerlinge deel van 273 nuwe gevalle
Die Omuthiya-distrik het die hoogste getal gevalle (104) uit die 273 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Die 104 sluit 101 leerlinge van die senior sekondêre skool Ekulo in. In totaal het 182 leerlinge oraloor in die land positief vir Covid-19 getoets. Die nuwe gevalle sluit ook twee gesondheidswerkers in.
'n Man (46) van Oshakati het die Covid-19-verwante sterftes tot 389 opgestoot. Nog 120 mense het herstel wat die totaal tot 34 261 en 'n herstelkoers van 95% opstoot. Dit sluit 38 in Khomas, 24 in Kavango-Oos, 22 in Oshana, 12 in onderskeidelik Ohangwena en //Kharas, agt in Omusati en vier in Omaheke.
Die aktiewe gevalle staan op 1 568 waarvan 118 in die hospitaal en 12 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 46 in die hospitaal en nege in ICU, in Erongo is 21 in die hospitaal en twee in ICU en in Oshana en Omusati is onderskeidelik agt elk in die hospitaal.
Tot op hede is 284 625 weefselmonsters getoets, 4 288 kontakte word gemonitor en 1 360 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie