165 nuwe gevalle, vyf sterftes
Vyf nuwe Covid-19-verwante sterftesyfers het dié syfer vir Namibië tot 285 opgestoot. Die jongste sterftes sluit 'n 67-jarige, 52-jarige en 67-jarige vrou van Windhoek asook 'n 87-jarige man van die hoofstad en 'n 62-jarige vrou van Grootfontein.
Vandag is 165 nuwe gevalle aangeteken waarvan 24 onder meer in Walvisbaai, 23 in Windhoek 19 in Swakopmund en 16 in Onandjokwe aangemeld is. Die nuwe gevalle sluit agt gesondheidswerkers in.
Nog 463 mense het herstel wat die totaal op 26 931 vir die land en 'n herstelkoers van 89% te staan bring. Dit sluit 288 vir Erongo, 99 vir Khomas, 43 vir Hardap, 22 vir Omusati en 11 vir Otjozondjupa in.
Die aktiewe gevalle staan op 3 142 waarvan 295 in die hospitaal en 31 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 93 mense in die hospitaal en 27 in die ICU, terwyl 45 in Erongo in die hospitaal en een in ICU is.
Tot op hede is 240 751 weefselmonsters getoets, 5 660 kontakte word gemonitor en 2 143 mense is kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie