16 oorleef minibusongeluk naby Otavi
Drie dae nadat vyf mense in twee grubotsings op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Otavi gesterf het, het 'n minibus met 16 insittendes Maandagaand ook op dié pad omgeslaan nadat 'n band gebars het.
Nampa het vanoggend (Dinsdag) berig al die insittendes, onder wie 'n jong kind, het die ongeluk oorleef. Drie mense is egter ernstige beseer en moes na die staatshospitaal op Otjiwarongo geneem word.
Die minibus was van Walvisbaai af op pad na Ondangwa toe dit sowat 35 km suid van Otavi omgeslaan het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie