149 positief vir Covid-19 waarvan 10 leerlinge van dieselfde skool
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 149 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld waarvan die meeste en wel 75 in Windhoek is. Deel van die nuwe gevalle is 'n nog 10 leerlinge van dieselfde skool in die Noorde wat reeds 10 leerlinge en 'n personeellid gehad het wat positief vir Covid-19 getoets het. Volgens Shangula is alle klasse opgeskort en is die ontsmet. Positiewe leerlinge is in isolasie geplaas en kontakte in kwarantyn.
Shangula het nog 'n Covid-19-verwante sterfte aangekondig en wel dié van 'n 69-jarige vrou van Windhoek wat onderliggende mediese toestande gehad het. Dit bring die totale getal sterftes op 113 te staan.
Uit die 149 nuwe gevalle is 104 mans en 45 vroue. Die jongste is vyf maande oud en die oudste 84 jaar oud. Dit sluit buiten die 75 in Windhoek ook 10 in Swakopmund, nege in Usakos, vyf in Walvisbaai, een in Omaruru, 20 in Eenhana, tien in Onandjokwe, twee in Tsumeb, sewe in Otjiwarongo, een in Okahandja, drie in Oshakati, drie in Rundu en een elk in onderskeidelik Gobabis, Katima Mulilo en Opuwo.
Volgens Shangula het nog 79 mense herstel wat die totaal op 8 112 te staan bring. Dit sluit 71 in //Kharas, ses in Hardap en twee in Omusati in. Die aktiewe gevalle staan nou op 2 301 waarvan 13 gevalle baie ernstig of kritiek is. Dit sluit vier kritieke gevalle in Erongo en vier baie ernstige en vyf kritieke gevalle in Khomas in. Die aktiewe kontakte wat gemonitor word, is 9 830. Tot op hede is 89 831 weefselmonsters getoets en 840 mense is huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie