140 nuwe gevalle, twee sterftes
Die Covid-19-verwante sterftes skuif met twee op na 604, nadat twee sterftes, een elk in Swakopmund en Rehoboth aangeteken is. Vandag is 140 gevalle aangemeld waarvan 29 leerlinge en ses gevangenes is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 515 waarvan 139 in die hospitaal en 34 in die ICU is. Tot op hede het 44 525 mense herstel.
Tans word 3 778 kontakte gemonitor, 1 580 mense is in kwarantyn en 4 620 mense is ingeënt.
Tans word 3 778 kontakte gemonitor, 1 580 mense is in kwarantyn en 4 620 mense is ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie