14 'wildmisdadigers' vas
Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede weke in hegtenis geneem, van wie vier elk in verband met renoster- en olifantstropery of horing- of ivoorsmokkelary of pogings daartoe.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 25 November tot 1 Desember van die Namibiese polisie (Nampol) se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die intelligensie- en ondersoekeenheid in die ministerie van die omgewing en toerisme is vyf nuwe sake aangemeld.
Beslag is op vier stukke ivoor, twee elk olifanttande en renosterhorings, vyf impalas en een lewende ietermagô gelê.
Drie vuurwapens en een voertuig is ook gekonfiskeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie