13 uitgehongerde kinders uit ouerhuis gered
'n Man en vrou van Kalifornië in die VSA wat hul kinders na bewering onder haglike toestande in hul huis gevange gehou het, is in hegtenis geneem.
Die polisie het 13 broers en susters, tussen die ouderdomme van twee en 29, in 'n huis in die voorstad Perris gekry nadat een van hulle, 'n 17-jarige meisie, Sondagoggend ontsnap en hulp ontbied het. Sy het die noodnommer 911 gebel op 'n selfoon wat sy in die huis gekry het, en aan die polisie vertel dat sy en haar sibbes aangehou word.
Die kinders was ondervoed en vuil, en van hulle was aan beddens vasgemaak. Die owerhede was geskok toe hulle besef sewe van die “kinders” is volwassenes.
David Allen (57) en Louise Anna Turpin (49) is in hegtenis geneem en word van marteling aangekla.
Die egpaar word aangehou en sal môre in die hof verskyn.
Borgtog is vasgestel teen US$9 miljoen elk.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie