10 jaar, 21 operasies

Vir 'n seun van Windhoek is 'n nieroorplanting die enigste hoop op 'n normale lewe.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Hy is 'n baie gelukkige seuntjie, het altyd iets te sê en is baie lief vir teken.

In sy kort lewe van byna 10 jaar het Shaali Josaphat Iipinge reeds 21 ­operasies ondergaan.

Boonop kry hy drie keer per week dialise vir drie ure op 'n slag, en 'n nieroorplanting is sy enigste hoop op 'n normale lewe.

As enkelma van Shaali en sy tweelingsussie Nelago is dit vir me. Pauline Chigumbu pynlik om haar seun se lyding te aanskou.

“My seun verstaan nie hoekom hy nie soos ander kinders 'n normale lewe kan lei nie. Wanneer hy mense sien wat siek is, vra hy altyd of dit met hom ook gaan gebeur en hoekom God dit toelaat as hy dan vir Hom so lief is,” vertel Chigumbu.

Dié ma en haar seun se bloedgroep verskil, wat beteken sy kan nie 'n nier aan hom skenk nie.

In Namibië is daar nie 'n waglys vir nierskenkers nie. So iets bestaan in Suid-Afrika, maar voorkeur word aan Suid-Afrikaanse burgers gegee.

Omdat Shaali so jonk is, sal die oorplanting boonop in die buurland gedoen moet word.

Volgens Chigumbu is haar tweeling op 14 Julie 2008 vroeg gebore. Op hul tweede dag het 'n dokter bloed in Shaali se urine opgemerk.

“Ek onthou ek het gedink dit is 'n nagmerrie en sal eindig. Min het ek geweet dit was maar net die begin van my reis,” vertel sy.

Shaali was net drie dae oud en het 'n skrale 1,7 kg geweeg toe die eerste operasie op hom uitgevoer is. Vandag staan die getal operasies wat die 10-jarige moes ondergaan op 21.

“Met die geboorte van die tweeling was ek besig met eksamens om as geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer. Van die eksamens het ek geskryf, terwyl my seun in die hospitaal was. My ouers sou sê as ek dit slaag, sal dit die reis draagliker maak. Maar geen geld kan hierdie reis draaglik maak nie.”

Sy onthou 'n keer wat Shaali nierversaking gehad het en in haar arms ineengestort het.

“Sy lyf het net uit my hande gegly, ek het gedink dit is sy einde, maar God was daar.”

Haar seun is haar held en spoor haar aan om nie moed op te gee nie.

“Sy lyfie het al soveel operasies gehad, tog wil hy sy lewe ten volle lei,” sê sy.

Chigumbu dra swaar aan al die mediese uitgawes.

“Soms veroorsaak die mediese uitgawes en die beperkinge op sy dieet dat my salaris nie alles vir die maand dek nie. Dan moet ek reëlings tref om vir sy medikasie te betaal,” sê sy.

Weens die dialise en sy siektetoestand is Shaali by die Privaatskool Welwitschia ingeskryf, wat vir kinders met spesiale behoeftes voorsiening maak.

“Ek probeer verseker dat hy sover moontlik 'n normale lewe lei.”

Die dialise hou haar seun aan die lewe, maar om uiteindelik 'n normale lewe te kan lei, het Shaali dringend 'n nieroorplanting nodig.

“Ek sal enigiets doen sodat my seun nie die grootste deel van sy lewe in hospitale moet deurbring nie, en om sy daaglikse pyn weg te vat,” sê sy.

Shaali drink 14 pille per dag en is onlangs weens sy nierversaking met hoë bloeddruk gediagnoseer.

Chigumba het haar dank teenoor personeel van Medi-Clinic uitgespreek, wat hulle al as Shaali se tweede tuiste beskryf.

Ook teenoor die Lady Pohamba- en Rooms-Katolieke Hospitaal, Path­care, Namibia Health Plan (NHP) en die Privaatskool Welwitschia.

“Die belangrikste is my werkgewer wat my help met 'n werk wat die rekeninge kan betaal. Mag God elkeen seën wat my tot dusver op my seun se reis gehelp het, hetsy met kos by die hospitaal, of wat my kinders versorg het wanneer ek by die hospitaal was, my apteekfooie help betaal het en ook die dokters wat die ekstra myl vir Shaali gestap het en nooit moed opgegee het nie. 'n Dokter behandel jou, maar God genees jou.”

Chigumbu erken die finansiële las van Shaali se siekte is baie swaar en om te help met bydraes het sy 'n trustrekening vir sy mediese uitgawes geopen.

“Jy kan nie net by 'n winkel instap en 'n nier koop nie. Sommige mense is werklik ondersteunend, ander voel as jy dit al vir soveel jaar deurgaan, moet jy mos nou al daaraan gewoond wees,” het sy gesê.

Vir navrae of bydraes kan ­Chigumbu by [email protected] gekontak word.

Die trustrekening se besonderhede is: Shaali Iipinge Kidney Transplant; Bank Windhoek, Trustrekening; Capricorn-tak (486-372), reknr. 8010638884.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.49 | EUR to NAD 20.16 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 345.75/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.76% | Zinc US$ 2 879.10/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 89.41/BBP UP +0.58% | Platinum US$ 911.90/OZ DOWN -0.0044