1 701 weefselmonsters, 167 positief
1 701 weefselmonsters, 167 positief

1 701 weefselmonsters, 167 positief

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 1 701 weefselmonsters wat getoets is, het 167 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan was 90 mans en 77 vroue. Die jongste is vier maande oud en die oudste 71 jaar oud.

Uit die 167 nuwe gevalle is 114 in Windhoek, agt in Okahandja, vier in Otjiwarongo, nege in Karasburg, twee in Lüderitz, vier in Walvisbaai, vier in Swakopmund, vyf in Rehoboth, een in Mariental, twee elk in Onandjokwe en Tsumeb, vier in Rundu, drie in Okongo en Oshakati onderskeidelik, en een elk in onderskeidelik Engela en Outapi.

Sedert die uitbreking in Maart vanjaar is 750 gevalle (8%) onder die ouderdom van 19 jaar aangemeld. Die meerderheid gevalle uit die groep (60%) en wel 447 is in die ouderdsgroep 10 tot 19 jaar, gevolg deur 159 in die ouderdomsgroep vyf tot nege jaar (21%), die ouderdomsgroep een tot vier jaar met 106 (14%) en die minste gevalle babas nul tot 11 maande met 40 oftewel (5%).

Shangula sê 913 mense het herstel wat die totaal op 5 811 te staan bring. Dit sluit 498 in Erongo, 363 in Khomas, 39 in Zambezi, vyf in Omaheke, drie in Hardap, drie in //Kharas en twee in Oshana in.

Die aktiewe gevalle staan op 3 695 waarvan 24 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee baie ernstige en vier kritieke gevalle in Erongo, vyf baie ernstige en nege kritieke gevalle in Khomas en vier kritieke gevalle in Oshana in.

Tot op hede is 79 122 weefselmonsters getoets, die sterftes staan op 98, die aktiewe kontakte is 9 836 en tans is 1 705 gevalle in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer