'Red die Deltau2019
'Red die Deltau2019

'Red die Delta’

ReconAfrica se boorinstallasie vir prospektering in die Kavangokom 120 miljard vate olie glo per jaar geproduseer kan word, is gereed om na Namibië verskeep te word.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – ’n Wekroep deur drukgroepe klink al harder op teen Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) se plan om in die tweede helfte van Desember met prospektering vir olie en gas in Kavango-Oos te begin en moontlik later dié reuse-skaliebron deur hidrobreking te ontgin.
Hoewel dié Kanadese maatskappy al in 2015 die regte hiervoor bekom het, sê drukgroepe openbare gesprekvoering as deel van die omgewingsimpakstudie het nooit geskied nie.
Die regering se petroleumkorporasie, Namcor, is ReconAfrica se Namibiese vennoot, met ’n aandeelhouding van 10%.
Die maatskappye het in Junie vanjaar sy belange in die Okavango Delta vergroot toe ’n verkenningspermit bekom is om in naburige Botswana se Wêrelderfenisgebied, Tsodilo Hills, ook na fossielbrandstowwe te soek. Anders as in Namibië, het ReconAfrica ’n 100%-belang in die prospekteringswerk wat in die buurland gaan plaasvind.

MILJARDE VATE OLIE
ReconAfrica het vroeër vandeesmaand in ’n webinaar van die olieen gasbedryf wat in Texas in die VSA aangebied is, gesê hy “het ’n massiewe petroleumhulpbron in die Kavangokom ontdek”. Dié bron kan jaarliks ’n verwagte 120 miljard vate olie lewer.
Frack Free Namibia (FFN) en ander organisasies soos Eden Namibia en Fridays for Future het vandeesweek in ’n brief aan verskeie belanghebbende partye skerp teen die voorgenome prospektering beswaar gemaak.
Dit is aan die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco), die hoofde van Kanada en Botswana se diplomatieke sendings in Namibië asook die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme, landbou, water en grondhervorming en myne en energie gestuur.
FFN beplan ook ’n protesoptog volgende Vrydag in Windhoek, sê me. Gundula Wagner, een van die organiseerders.
Intussen het die Namibië Kamer vir die Omgewing (NCE), sambreelliggaam vir talle nieregeringsorganisasies wat hulle op die omgewing toespits, omvattende dokumentasie aanlyn gepubliseer oor wat die ekplorasie behels en die impak wat moontlike hidrobreking gaan hê.
Die omgewingsimpakstudie (EIA) is een van die dokumente wat die NCE op die blad, Save the Okavango Delta, gepubliseer het. Dit toon die prospekteergebied in die Kavangokom strek oor meer as 25 342 vierkante kilometer. Dit vorm deel van die groter Etoshabekken en is die brongebied van die Omataku-rivierstelsel in noordoos-Namibië en noordwes- Botswana geleë.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het in Augustus 2019 op grond van die EIA ’n omgewingsklaringsertifikaat uitgereik ingevolge waarvan die prospektering kan begin. Die NCE sê die proses “het diep gebreke gehad”.

TOETSTERREIN MAG SKUIF
Onder meer verduidelik dit nie waar geïnteresseerde en geraakte partye kan registreer vir openbare deelname nie, wat strydig is met die Omgewingsbestuurswet asook die Grondwet.
Nog ’n beswaar deur die NCE is dat die toetsterrein waar die boortoerusting opgerig gaan word, na willekeur deur ReconAfrica verskuif kan word. Dit het ’n impak op waterbronne, gemeenskappe en skaars en bedreigde spesies, sê die NCE.
Dié omgewingskamer maak dit ook duidelik hy glo nie ReconAfrica en die regering se ontkenning dat hidrobreking vir die ontginning van hierdie reuse-skaliebron nie gaan geskied nie.
In ’n voorlegging aan beleggers het ReconAfrica gesê hy is voornemens om “honderde toetsgate” te boor en “moderne hidrobreking” toe te pas.
ReconAfrica het op 20 Oktober in ’n nuusverklaring gesê hy is gereeld om met sy boorprogram te begin, waarvan die doel is om ’n aktiewe petroleumstelsel in sy ten volle gelisensieerde Kavangokom te bevestig.
Mnr. Scot Evans, hoof uitvoerende beampte, sê die boorinstallasie wat in die eerste kwartaal vanjaar gekoop en veranderinge ondergaan het, sal teen middel-November vanaf Houston in Texas na Walvisbaai verskeep word.
Die skeepstog hierheen sal 28 dae duur, waarna dit per pad na die boorterrein suidoos van Rundu vervoer sal word.

VYF UUR LANGE VERGADERING OP RUNDU
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, en ReconAfrica se adjunkhoofbestuurder in Namibië, mnr. Yuri Martinez, het gister met bekommerde inwoners op Rundu vergader.
Kenya Kambowe van Namibian Sun berig die vergadering van sowat vyf ure het gevolg ná die Kavango-Oos Boere-unie (Kerfu) en die Vereniging vir Bewarings- en Gemeenskapsbou in Kavango- Oos en -Wes op 27 Oktober aan goewerneur Bonifatius Wakudumo van eersgenoemde streek geskryf en hul kommer uitgespreek het oor die vrese wat bewaringkundiges het.
Hy berig beide Martinez en die minister het ontken hidrobreking gaan geskied. Hulle het volgehou ReconAfrica gaan nie olie ontgin nie, maar net bepaal of olie en gas wel in die betrokke gebied voorkom.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101