Olifante maak moles
Estelle de Bruyn - Olifante wat amok maak en skade aan boere se eiendom op plase aanrig, het gister in die Nasionale Vergadering aandag geniet toe die Nudo-lid, mnr. Dudu Murorua, ‘n dringende vraag aan die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gevra het.
Murorua het gesê hy en ander boere in sy omgewing ly ernstige skade weens olifante wat in die omgewing is. Vee raak verlore omdat grensdrade vernietig word. Toe die saak onder die aandag van die owerhede en die omgewingsministerie gebring is, was die antwoord dat amptenare niks sonder ‘n regstreekse opdrag van die direkteur van natuurbewaring mag doen nie. Boonop het hulle nie oor vervoer beskik om die olifante te gaan verjaag nie.
Shifeta het gesê hy is nie bewus van die voorval in die betrokke gebied nie en ook nie of die olifante permanent in die gebied is en of hulle bloot besoekers is nie.
Hy het meer inligting gevra en die versekering gegee dat hy die kwessie sal opvolg.
Hy het gesê dit is ook nie waar dat net 'n direkteur in die ministerie toestemming kan gee vir natuurbewaarders om die diere te kom verjaag nie. Volgens Shifeta is die veiligheid van die inwoners van die gebied 'n prioriteit en waar daar 'n probleem is, moet daarna omgesien word.
Die speaker, prof. Peter Katjavivi, het op sy beurt gesê probleme met olifante is niks nuuts nie en mens-dier-konflik van hierdie aard ly tot groot probleme. Hy het voorgestel dat 'n spesiale noodtelefoonlyn beskikbaar gestel word waar probleme as 'n saak van dringendheid aangemeld kan word.
Muroro het hierop gesê dat daar geen plaasheinings is wat die aanslag van olifante kan weerstaan nie. Hy het verduidelik dat die kwessie wel by die natuurbewaringskantore op Outjo en Kamanjab aangemeld is, maar dat daar niks van gekom het nie.
Hy het gewaarsku dat indien nie van owerheidsweë opgetree word nie, sowel kommunale as kommersiële boere wat probleme met die olifante ondervind, die reg in hul eie hande sal neem en die olifante sal skiet.
Shifeta het die versekering gegee dat hy die saak sal opvolg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie