Nuwe kragpryse gaan myne, smelters knak
Nuwe kragpryse gaan myne, smelters knak

Nuwe kragpryse gaan myne, smelters knak

’n Woordvoerder van intensiewe energieverbruikers ruk subsidies nou heeltemal handuit.
Antoinette Slabbert – Die land se grootste kragverbruikers maak die rug styf omdat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) besluit het hulle moet huishoudings met 18% subsidieer om krag “meer bekostigbaar te maak”.

Nersa het verlede week besluit Eskom mag sy inkomste met onderskeidelik 9,41%, 8,1% en 5,2% vir die volgende drie jare verhoog. Dis bo en behalwe die 4% wat einde verlede jaar toegeken is.

Die volgende stap is om te bepaal hoe Eskom die bykomende inkomste gaan verhaal.

Nersa het besluit om ’n kruissubsidie-bestel te beveel wat die tariewe vir sakeondernemings en veral groot bedrywe drasties meer verhoog as vir huishoudings.

Kruissubsidies was nog altyd daar, maar Nersa het in 2013 ’n bykomende “bekostigbaarheidsubsidie” ingestel om huishoudings te help.

Nersa het nou weer bevestig dié subsidie moet voortbestaan.

Shaun Nel, woordvoerder van die groep intensiewe energieverbruikers (EIUG) wat 40% van die land se krag verbruik, sê die subsidies ruk nou heeltemal handuit en die tariewe word ál skewer getrek.

Die EIUG sê hy gaan beswaar maak omdat die land se grootste kragverbruikers nie vir maatskaplike hulp vir armes verantwoordelik is nie.

Uit ’n studie wat die EIUG laat doen het en Eskom se eie berekeninge wat in voorleggings vervat is, blyk dit:

· Intensiewe kragverbruikers soos smelters het in 2017-’18 reeds 18% meer vir elektrisiteit betaal as wat hulle moes. Dit het dié verbruikers se uitgawes met R12 miljard vir die jaar verhoog. ’n Intensiewe verbruiker wat byvoorbeeld 600 GWh se elektrisiteit per maand gebruik se kragrekening is sowat R500 miljoen, waarvan tot R42 miljoen nie aan sy eie verbruik te wyte is nie, maar ingebou is om huishoudings en landelike klante wat krag direk van Eskom koop, te subsidieer;

· Groot ondernemings soos myne, fabrieke en groot munisipaliteite se kragrekeninge was 10% meer as wat dit gekos het om die krag aan hulle te lewer én Eskom se toegelate wins te maak;

· Eskom se huishoudelike kliënte het in dieselfde jaar tot 36% minder betaal as wat hulle sou sonder die kruissubsidies; en

· Nie-residensiële verbruikers op die platteland, soos boere, het 16% minder betaal danksy die subsidies.

’n Mate van kruissubsidiëring is wel nodig om krag toeganklik te maak vir gebruikers op die uithoeke van die netwerk. As hulle telkens die ware koste van kraglewering moet betaal, sal dit vir hulle onbekostigbaar wees.

Verskillende tariewe geld in die verbruikersgroepe en die subsidie bevoordeel klein en arm huishoudings meer as die wat meer krag gebruik. Dit is in pas met die regering se beleid om arm huishoudings te beskerm.

Ondernemings sê hulle verstaan dié beginsel, maar die weghol-kragpryse dreig om die hele ekonomie te knak.

Die Aluminiumfederasie het tydens die onlangse openbare sittings van Nersa oor Eskom se kragtariewe getoon dat stygende kragtariewe bygedra het tot die daling van die aantal aktiewe smelters in Suid-Afrika van 55 tot 18 oor die afgelope dekade. Die Mineraleraad het gewaarsku dat groot stygings in kragtariewe die goud- en platinummynbedryf op hul knieë het.

Nel sê hul boodskap aan die regering is dat ondernemings makliker die groot Eskom-tariefverhogings sal kan absorbeer as die kruissubsidies – en veral die “bekostigbaarheidsubsidie” – aangepas word.

Hulle is veral bekommerd oor die gebrek aan deursigtigheid in die proses.

Hoewel daar baie aandag is op die oorhoofse tariefaansoeke van Eskom en dan weer wanneer die munisipale verbruikers se tariewe aangekondig word, is daar ’n hele proses tussenin waar Eskom op grond van Nersa se bevele besluit wie gaan die meeste betaal.

Ook Eskom het ’n beroep op die regering gedoen om ’n behoorlike raamwerk vir kruissubsidies op te stel. Die kragreus het beklemtoon dat hy self geen diskresie het oor kruissubsidies nie, maar bloot regeringsbeleid onder leiding van Nersa uitvoer.

David Mertens van die Nelson Mandelabaai-sakekamer sê egter die raamwerk is duidelik vervat in die regering se elektrisiteitsprysbeleid.

Eerstens moet elke kategorie van elektrisiteitsverbruikers ’n tarief kry wat die koste van kraglewering aan daardie kategorie weerspieël.

Dan word voorsiening gemaak vir kruissubsidiëring, onder meer vir arm verbruikers en boere, maar dit moet op ’n deursigtige wyse gedoen en spesifiek goedgekeur word. Boonop bepaal die beleid dat die impak van kruissubsidiëring op die “produktiewe deel van die ekonomie” – ondernemings – tot die minimum beperk moet word.

Mertens sê dit is moeilik om duidelikheid te kry oor die vlak van kruissubsidiëring omdat daar min inligting is oor die ware koste van kraglewering aan verskillende verbruikersgroepe.

Hy sê die huidige las op ondernemings en intensiewe verbruikers word net vererger op munisipale vlak indien hulle krag by die munisipaliteit koop.

Residensiële verbruikers word volgens hom in ’n “massiewe” mate gesubsidieer deur ander verbruikers en daar is geen deursigtigheid nie. Hy meen kruissubsidies op munisipale vlak is meestal onwettig omdat die regte goedkeurings daarvoor nie verkry is nie.

Hy sê die kruissubsidies aan huishoudings, veral op munisipale vlak, is tans so groot dat dit onmoontlik met een aanpassing reggestel kan word.

“Dit sal tien jaar vat,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026