Naweek van moord en verkragting

02 August 2020 | Misdaad


Die afgelope naweek is deur ’n lang lys misdade gekenmerk, sê adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder.

Sy het vanmiddag op ’n nuuskonferensie in die hoofstad gesê dit sluit onder meer vier moorde, drie pogings tot moord en vier verkragtings in.

Die eerste moord het Donderdag omstreeks 19:00 in die hoofstad se Goreangab-nedersetting plaasgevind.

’n 44-jarige man is na bewering met bakstene geslaan en het later in die Katutura-staatshospitaal aan sy beserings beswyk.

Die polisie vermoed hy is aangeval nadat iemand anders by sy huis teen die vermeende aanvallers skuiling kom soek het.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Nog ’n moord het reeds verlede Dinsdag by die Nodes Bar op Olukonda in Onayena plaasgevind.

’n 36 jarige man is na bewering deur vier mans aangeval, oraloor op sy lyf geskop en met klippe gegooi.

Die beseerde man het in sy voertuig geklim, gery waarná hy vermoedelik swak geword en beheer oor die voertuig verloor het.

Hy het teen ’n draad vasgery en is toe na die Onandjokwe-hospitaal geneem voor hy na die hospitaal op Ongwediva oorgeplaas is.

Hy is drie dae later dood.

Twee van die vier verdagtes is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Op Epako in Kanaan A-woonbuurt is ’n 18-jarige man omstreeks 09:30 Saterdag dood ná hy in die nek gesteek is.

Vier vriende, insluitend sy suster se minnaar, het hom glo huis toe gevolg van ’n gemeenskapswaterpunt, waar hy glo een van hulle gedreig het.

By die huis het ’n bakleiery ontstaan waartydens die oorledene gesteek en kort daarna in die straat voor sy huis oorlede is.

Die polisieondersoek duur voort, sê Shikwambi.

Op dieselfde dag is ’n 28-jarige Zambiese burger in Mambali in die Zambezistreek in die bosse dood aangetref.

Hy is vermoedelik met ’n onbekende voorwerp doodgesteek.

Die polisie het ’n 36-jarige Namibiese verdagte in hegtenis geneem.

Die eerste geval van poging tot moord is Donderdag in die Iitapa-nedersetting op Okahao aangeteken.

’n 45 jarige vrou is glo deur haar 62-jarige ma met ’n leë bottel geslaan.

Dít kom nadat die vrou glo haar ma met die stukkende bottel agter die nek gesteek het.

Die dogter is in hegtenis geneem, terwyl die ma in die Okahao-staatshospitaal opgeneem is.

Nog ’n poging tot moord het Vrydag in Windhoek se Havana-nedersetting net ná 16:00 plaasgevind.

’n 25-jarige man is na wat verneem word in die been geskiet ná drie mans hom na bewering probeer beroof en hy terugbaklei het.

Die slagoffer is in ’n stabiele toestand in die hospitaal, terwyl die verdagtes steeds soek is.

Saterdag omtreeks 22:10 is ’n vrou by Okapanda op Outapi met ’n mes in die maag gesteek.

Sy is na die Outapi-staatshospitaal geneem en later na die Oshakati-staatshospitaal oorgeplaas.

Die polisie het ’n man (43) in dié verband in hegtenis geneem, terwyl die ondersoek voortduur.
Die eerste verkragting het reeds op 7 Julie omtrent 22:00 by Okaloko B Olukonda plaasgevind.

’n 34-jarige man is agter tralies ná hy na bewering ’n tienermeisie (14) verkrag het.

Vrydag omstreeks16:00 by Ndoyona in die Mashare-kiesafdeling in Kavango-Oos is ’n 20-jarige verstandelik gestremde vrou vermoedelik deur ’n 30-jarige man verkrag.

Hy is in hegtenis terwyl die polisieondersoek voortduur.

Woensdag 22 Julie omstreeks 22:00 by Ongali in Ohangwena is nog ’n minderjarige meisie (13) na bewering deur haar 20-jarige neef verkrag.

Hy is in hegtenis geneem ná die voorval die afgelope Saterdag aangemeld is.

Dieselfde dag is ’n 17-jarige meisie tussen 20:30 en 21:00 op Karasburg verkrag, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

33 minute gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

6 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...