Veediefstal ’n brandpunt om Eenhana
Die polisie in die Ohangwenastreek het boere gewaarsku oor veediefstal wat ’n ernstige uitdaging in nedersettings naby Eenhana geword het.
Die polisie se woordvoerder in die streek, sersant Andrew Nghiyolwa, het gesê as deel van die polisie se maatreëls is daar onlangs ’n vergadering met plaaslike veeboere en amptenare van die stadsraad belê om maniere te bespreek om veediefstal te bekamp.
Nghiyolwa het gesê beeste word feitlik daagliks uit krale gesteel en snags na die naaste beeskrale aangery.
“Veediefstal het drasties toegeneem in en om Eenhana. Sake word feitlik daagliks in die dorpe aan die buitewyke van dié dorp aangemeld,” het hy gesê.
Hy het gesê die beeste word in die geheim op vragmotors gelaai en na onbekende bestemmings vervoer. Hy het bygevoeg dat van die beeste teruggevind word aangesien die polisie dag en nag werk om die diefstal te probeer keer. Ander word nie weer gevind nie en dit veroorsaak ernstige druk op die boer se beeskuddes.
“Bokke word ook snags gesteel, geslag en die karkasse word in houers weggedra om teen ’n goedkoop prys aan dorpenaars verkoop te word wat reeds bekend daarvoor is dat hulle rou vleis en/of kapana verkoop,” het Nghiyolwa gesê.
Hy het die inwoners van die Ohangwenastreek, veral diegene wat in Eenhana en nabygeleë gebiede woon, versoek om die polisie te waarsku as hulle enige verdagte bedrywighede teëkom, of van enige persoon wat beeste oppas wat nie aan hulle behoort nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie