E-ID’s môre bekend gestel
Geleentheid oop vir publiek
Die verwagting is dat dit sekuriteit deur biometriese verifikasie sal verhoog en staatsdienste meer toeganklik vir burgers sal maak deur middel van mobiele uitreike.
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit hou môre, in samewerking met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), ’n informele geleentheid (unconference) waar ’n bewusmakingsveldtog vir elektroniese identiteitsdokumente (e-ID’s) van stapel gestuur sal word.
Die minister, Lucia Iipumbu, en die UNDP se verteenwoordiger in Namibië, Alka Bhatia, sal na verwagting lede van die publiek hier toespreek.
Die geleentheid sal na verwagting oop gesprekke tussen burgers en regeringsbeamptes bevorder en teenwoordigers aanmoedig om direkte vrae te vra en “duidelik, deursigtige antwoorde” te ontvang, volgens ’n verklaring van die ministerie.
E-ID’s is ’n gevolg van die kabinet se goedkeuring van ID’s met kontaklose skyfies in Augustus 2023. Die ministerie werk sedertdien daaraan om ’n biometries geaktiveerde dokument bekend te stel.
Die verwagting is dat dit sekuriteit deur biometriese verifikasie sal verhoog en staatsdienste meer toeganklik vir burgers sal maak deur middel van mobiele uitreike.
Yrika Maritz, die UNDP se hoof vir eksperimentering, skryf op die UNDP se webblad oor dié agentskap se betrokkenheid by e-ID’s in Namibië.
“Die UNDP se fokus is op die verskaffing van bystand aan die regering met die vestiging van ’n sterk wetlike en regulatoriese raamwerk, die verbetering van institusionele kapasiteit en die bevordering van inklusiwiteit en vernuwing.
“Ons benadering tot die raadpleging van diverse belanghebbendes om privaatheids- en sekuriteitskwessies te takel, is daarop gemik om digitale insluiting te bevorder en te verseker dat alle Namibiërs, insluitend diegene in onderbediende gemeenskappe, kan baat vind by digitale transformasie.”
“Om insluiting te verseker, behels die oorkoming van struikelblokke waarmee landelike en tegnologies onderbediende gemeenskappe te kampe het.
“Nuwe oplossings soos biometriese inligting, digitale ID’s op selfone en toegangspunte vir gemeenskappe kan wettige identiteit aan alle Namibiërs bring. . .
“Sterk wetlike raamwerke is egter nodig om persoonlike data en privaatheid te beskerm. Die modelbestuursraamwerk bevorder ’n samelewingsbenadering, wat insluiting, sekuriteit en toegang tot dienste verbeter.”
Die geleentheid is oop vir die publiek en begin om 10:00 by die ministerie se hoofkantoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie