’n Eeu van diens
“Dit is waar ek my wortels het. Hierdie land kom eerste.”
’n Eeu ná die nederige begin as ’n algemene handelaar in Windhoek, eggo dié woorde van wyle Harold Pupkewitz steeds in sy nalatenskap van belegging in en diens aan Namibië en sy mense.
Die Pupkewitz-storie begin in 1902 toe sy pa, Max, weens politieke onstabiliteit en antisemitisme uit Litaue vlug en hom eers in Suid-Afrika vestig.
Namibië word en bly later egter sy tuiste waar hy eers ’n werkswinkel op Okahandja vir waens begin en in 1925 saam met sy vrou, Anna, ’n algemene handelaar op die hoek van Talstraat en Rehobotherweg in Windhoek open.
Die jare wat gevolg het, word gekenmerk deur onwrikbare dryfkrag en deursettingsvermoë deur die Groot Depressie, die besluit om ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog oor te beweeg na boumateriaal en in 1954 die motorbedryf te betree. Max se seuns, Harold, Julius en Morris, sluit hulle by die besigheid aan, met Harold wat nadat hy in 1937 graad gevang het, aan die hoof staan van aankope en administrasie.
Vir 74 jaar sou hy die maatskappy lei en 100 jaar ná die begin van ’n algemene handelaar op ’n hoek in die hoofstad, bestaan die Pupkewitz-groep vandag uit ses verskillende maatskappye met meer as 70 liggings oraloor die land. Die groep verskaf werk aan meer as 2 000 Namibiërs en dra sowat 3,5% tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) by.
“Daar is geen groter bate as die mense van ons nasie nie,” het Harold Pupkewitz gesê en verwys na hul welstand en bevordering wat nie net die groep en ook die stigting se fondasie is waarop sy etos en werk gebaseer is nie, maar ook beklemtoon word in Artikel 95 van die Namibiese Grondwet.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie