‘Braai is meer as net ’n werk’
’n Stalletjie wat heerlike braaivleis verkoop, geleë langs die pad by die Oshetu Lounge op Rundu, het vinnig ’n gewilde plek vir vleisliefhebbers geword, danksy Esther Mande se vuurwarm kookkuns.
Esther, wat gister met Network Media Hub (NMH) gepraat het, bedryf dié stalletjie al drie jaar en sê die besigheid het bestendig gegroei sedert sy buite begin kook het.
“Ons het stadig begin,” onthou sy.
“Maar met verloop van tyd het ons meer kliënte gehad. Nou, teen 11:30 is ons kos gereed en mense kom deur die dag, veral gedurende middagete.”
Esther se stalletjie, wat onder die Oshetu Lounge bedryf word, bedien ’n verskeidenheid vleisgeregte, insluitend bok-, hoender-, perdevleis- en hoendervlerkies – óf gebraai óf gekook. Hul spyskaart bevat ook onder meer mahangupap as stapelvoedsel.
Ten spyte van die toenemende aanvraag, sê Esther hulle het nog nooit nie genoeg vleis gehad nie.
“Ons maak altyd seker ons het genoeg voorraad vir die week. Selfs op ons besigste dae moes ons nog nooit kliënte wegwys weens ’n tekort nie,” het sy gesê.
Esther bestuur tans die stalletjie alleen, maar deel skofte met ’n kollega, wat ook haar naamgenoot is. Hul buitekombuis is só opgestel om te verseker dat kroeggangers nie ver hoef te soek vir iets om te eet nie.
“Ons kook buite omdat ons ’n kroeg het en ons wil nie hê ons kliënte moet ver gaan soek vir iets om te eet nie,” het sy gesê.
“Ook, om langs die pad te wees, help. Mense wat verbybeweeg, kan maklik sien wat ons doen.”
Vir Esther is braai meer as net ’n werk – dis ’n passie en ’n reddingsboei.
“Ek hou van braai. Ek is mal oor wat ek doen, want dit sit brood op die tafel vir my en my gesin.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie