Swartbooi ’n ‘welsprekende, pragtige vrou’
“Ek het haar loopbaan deurentyd gevolg. Sy was baie jare lank ’n model, so sy het die perfekte gevoel om ’n fantastiese ambassadeur vir Namibië te wees. Sy is ’n welsprekende, pragtige jong vrou.”
Só het die veelsydige voormalige skoonheidskoningin, Michelle McLean, gister gesê oor Johanna Swartbooi, wat die afgelope naweek as Mej. Namibië gekroon is, tydens ’n onderhoud met NTV se aktualiteitsprogram Kletskompas (DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 94).
“Toe ek Mej. Namibië geword het [1991] en as Mej. Heelal gekroon is [1992], het ek geen idee gehad wat die verantwoordelikhede en toewyding sou wees nie.”
“Dit het nie net gegaan oor die een aand se glans wanneer jy gekroon word nie. Dit gaan werklik oor jou bydrae en toewyding aan die titel en om ’n ambassadeur vir die land te wees,” sê sy.
ANDER PROJEKTE
Michelle het verduidelik sy probeer tans om die uitvoer van vleis na twee nuwe markte moontlik te maak.
“Ek werk al jare aan vleisuitvoere vanaf Namibië na Amerika en die Karibiese Eilande. Ons het die hoogste standaard vleis ter wêreld – [die diere] is vrylopend en [die vleis] bevat geen hormone nie – en Amerika kan baat by ons uitvoere na hulle. Ons ministers werk hard daaraan, veral ons minister van landbou,” sê sy.
Michelle is ook onlangs as ’n sakebeampte en verteenwoordiger vir die Gondwana Collection in Noord-Amerika aangewys.
“Die Michelle McLean-kindertrust en die Gondwana Care Trust werk aan talle soortgelyke projekte wat verband hou met onderwys en die bemagting van minderbevoorregte gemeenskappe,” sê sy.
Daar kan dalk ook vir talle Namibiërs geleenthede in die toerismebedryf skuil.
“Ek dink deur toerisme kan ons werksgeleenthede in Namibië skep. Ek het die wonderlike geleentheid om Namibië in Amerika te verteenwoordig, so ek doen promosietoere en toerismeskoue en ek werk ook saam met die Namibië Toerismeraad,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie