Suster Paule (96) ‘na haar Hemelse Vader’
Boet Matthews – Die nalatenskap van ’n 96-jarige Namibiese non wat Saterdag op Karasburg gesterf het, gaan nog lank voortleef.
Die land se geliefde suster Paule Elizabeth Atiogbe wat diep spore getrap het waar sy ook al was, ook met haar prontuit sêgoed, het respek afgedwing. Suster Paule, soos sy landswyd bekend was, spog ook met ’n titel as die plaaslike non wat die eerste eredoktorsgraad op 15 Mei 2018 op Keetmanshoop ontvang het. Die toekenning by die gradepletigheid van die Universiteit van Namibië (Unam) se Suide-kampus is aan haar op 89-jarige ouderdom oorhandig.
Sy het op daardie geskiedkundige dag breed geglimlag en aan die verslaggewer gesê: “My drome het waar geword danksy my God en Herder.”
Ondanks haar siekte het sy nog steeds eredienste vir bejaardes gehou en dikwels gesê: “My God gee my die krag om op hierdie gevorderde ouderdom vir ander goed te kan doen, vir hulle te kan bid en verdere insette te kan lewer.”
Suster Paule het haar eerste gelofte op 19 Januarie 1956 afgelê en haar ewige gelofte op 10 Januarie 1967.
Network Media Hub (NMH) het met van die nonne gesels wat saam met haar op Karasburg gewerk het.
Een van die jarelange staatmakers, suster Rosa Theresa, het verduidelik: “Sy was ’n biddende vrou en baie liefdevol. Sy het gereeld met ’n oop hand vir ons gesorg. Een uitstaande eienskap van haar was dat alles reg en ordentlik gedoen moet word. Die afgelope 12 jaar saam met haar was ’n belewenis en altyd met ’n grappie daarby.”
Suster Therese Bernadette het benadruk: “Sy was selfs bereid om te help as ons siek was, dan wou sy die werk self doen. Verlede jaar in Augustus het ek haar gevra hoekom sy ’n klein skêrtjie in haar rosekranssakkie dra, toe antwoord sy, ‘my kind ek knip niemand by my gebed uit nie’. Sy het vir almal gebid wie haar gevra het.
“Ek glo stellig dit is die rede dat God haar bewaar het om haar op die feesdag van Moeder Maria terug na haar ewige tuiste te neem. Haar liefde vir die rosekrans was enorm en haar groot liefde vir die Euchariste was haar kragbron vir die daaglikse lewe.”
Ten slotte het Bernadette gesê suster Paule het vreedsaam gesterf “met geen sug, geen pyn en regtigwaar in die Here ontslaap”.
Die owerste suster Anne Dorothy Engelbrecht het bevestig dat suster Paule, wat in 1929 op Lüderitz gebore is, Saterdagaand op 96-jarige ouderdom gesterf het.
“Sy het in 1953 haar lewe vir God gegee met haar aansluiting by die Klooster Oblate-susters van die Heilige Francis de Sales.
“Sy het hard gewerk en sy was toegewyd in dit wat sy gedoen het. Ons gaan haar mis, maar ons glo dat sy haar plek by haar Hemelse Vader gaan inneem.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie