theresa
theresa

Theresa sê maar net - Die lente is 'n bruid

Henriette Lamprecht
Theresa van Zyl - [email protected]



Die lente is ‘n bruid



Die winter is besig om sy tasse te pak - om die dikste baadjies, truie, serpe en handskoene eers weg te bêre vir DV volgende winter. Hy is besig om te groet, want dis tyd om oor te gee aan die nuwe seisoen wat al in die wasigheid van pastelkleure aangestap kom oor die horison wanneer sonop en skemer hul vensters oopgooi om

hul rykdom van kleure met ons te deel.

Lente is oppad en gereed om haar delikate skoonheid met ons te deel – soos ‘n bruid wat in fyn gewaad getooi stadig, maar doelbewus aanstap na die kerk waar haar bruidegom, haar toekoms wag . . . Die gewone vrou wat ineens op haar troudag

‘n prinses geword het – die droomrok, die blomme, die blink van haar versiering, met die blinkste van alles haar o? . . . Want, terwyl almal die bruid in al haar glorie dophou, sien sý – die bruid – nét vir hóm raak. Hy wat haar wagtend, bewonderend inwag. Hy – die man – wat sy gekies het om die lewe, die toekoms en die ewigheid

mee te deel. En in daardie oomblik is dit nie die rok of die blomme of die musiek nie – dit is die manier waarop haar prins na haar kyk wat van haar ‘n bruid maak. . . en hul sprokiesverhaal begin skryf met die ink van liefde op die harte van elkeen wat hierdie tydlose verhaal meemaak – ‘n verhaal so oud soos tyd, maar elke keer vars en nuut

soos die eerste teer pienk bloeisels van die lente. Die belofte van bloeisels word woordeloos neergesit in die hart van elke nuwe begin wat uitloop op ‘n eindelose lente.

‘n Bruid is die bloeisel wat veilig kan blom en wasdom bereik in die skadu van nuwe, tog sterk en lewegewende blare wat haar beskerm teen die felheid van die son en die aanslae van die wind. Hul Skepper gee die lewe en die liefde en alles wat nodig is om ‘n lewe van oorvloed te kan geniet. Hy, die boom – die prins – is haar veilige

hawe en haar bestemming. Hy beskerm haar, voed haar met sy liefde en sý versag die realiteit vir hom met prag en beloftes wat wink na dit wat ho?r en dieper en heilig is. Sáám is hulle die lied van die natuur, ‘n liefdesbrief wat nooit genoeg gelees kan

word nie, want ‘n driedubbele koord is onbreekbaar. Hy, sy en hul God.

Die belofte van die lente is alreeds in die lug, die bloeisels is oppad en jou nuwe seisoen is net so naby soos die begin van die lente-maand, September. Sien uit daarna, maak gereed daarvoor en gaan dit dan met oorgawe en bewende afwagting tegemoet – soos ‘n bruid haar troudag.

En – elke Lentebruid van 2025 – hierdie lente gaan een wees wat jy vir altyd sal koester in die skatkamers van jou herinneringe. Jou troudag gaan die onvergeetlike begin wees van jou sprokiesverhaal. Jou prins word jou man en jou roeping is om sy prinses te bly vir altyd. . .

Liewe Lente-bruid, ek deel hierdie aanhaling met jou en gee dit aan jou as ‘n geskenk vir jou troudag:

“A bride is the most exquisite poem ever penned. Her heart is the ink and her love story flows through the verses, written with the grace of eternity.”

En vir jou, as Lente-bruidegom, gee ek hierdie een:

“Grooms, know this: Everyone is watching the bride, but the bride only sees yóú.” - Gasskrywer

Kommentaar

Republikein 2025-08-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer