Namibië agtste gelukkigste land in Afrika suid van die Sahara
Welwillendheid, gesinne beïnvloed geluk
Verskeie faktore soos gesinne, samesyn tydens maaltye en sosiale gedrag kan tot algehele geluk bydra.
Namibië is volgens die Wêreldgelukverslag vir 2025 die agtste gelukkigste land in Afrika suid van die Sahara, met Mauritius wat in dié groep die voortou neem.
In Afrika in die geheel is Libiërs die gelukkigste, volgens die verslag. Finland is vir die agtste agtereenvolgende jaar die gelukkigste land ter wêreld. Namibië is die 13de gelukkigste land in Afrika en 105de ter wêreld.
Daar is verskeie faktore waarop dié ranglys gebaseer is. Die verslag het onder andere bevind om maaltye saam met ander te eet tot groter subjektiewe geluk lei. Lande waar maaltye saam met ander geniet word, toon ook relatief hoër vlakke van sosiale ondersteuning en laer vlakke van eensaamheid.
“Nietemin bly daar groot gapings in ons begrip van die bydraende dinamika om maaltye saam met ander te geniet, subjektiewe welstand en sosiale verbindings,” lui die verslag.
WELWILLENDHEID
Die verslag toon dat mense oor die algemeen ’n pessimistiese houding inneem wanneer hulle gevra word oor die welwillendheid van ander.
“Byvoorbeeld, toe die navorsers ’n beursie in die straat laat val het, was die persentasie van beursies wat terugbesorg is aansienlik hoër as wat mense verwag het. Hierdie is hoogs bemoedigend,” sê die verslag.
Welstand is meer afhanklik van persepsies van ander se welwillendheid as die werklike welwillendheid, en in gemeenskappe waar daar meer welwillendheid is, is dit diegene wat die ongelukkigste is wat die meeste daarby baat vind.
“Gevolglik is geluk meer eweredig versprei in lande met hoër vlakke van verwagte welwillendheid,” sê die verslag in sy opsomming.
Die verslag het ook bevind dat welwillendheid in elke deel van die wêreld tydens die Covid-19-pandemie toegeneem het. Welwillendheid het ook ’n diepgaande impak op die politiek, met die verslag wat bevind het populistiese politiek (’n politieke benadering wat daarop gemik is om “gewone mense” te lok wat voel dat hul bekommernisse deur die elite geïgnoreer word) hoofsaaklik uit ongelukkige burgers voortspruit.
GESINNE
Diegene in gesinne van vier is die gelukkigste, volgens die verslag.
In Mexiko en Europa neem geluk oor die algemeen af in gesinne van meer as vier mense. Diegene wat alleen woon, is oor die algemeen aansienlik minder gelukkig as diegene wat saam met ander woon, volgens die verslag.
Dié in groter gesinne is oor die algemeen minder gelukkig, maar die verslag sê dit kan moontlik wees as gevolg van minder ekonomiese tevredenheid.
Paartjies met minstens een kind of paartjies wat met kinders en/of lede van hul uitgebreide familie woon, het buitengewone hoë lewenstevredenheid.
Paartjies sonder kinders het oor die algemeen hoër ekonomiese en emosionele tevredenheid, maar minder tevredenheid rakende gesondheid en familie, as paartjies met kinders. Daar is ’n gerine verskil tussen die lewenstevredenheid van paartjies met kinders en paartjies sonder kinders. Paartjies met kinders en ander familielede ervaar oor die algemeen minder lewenstevredenheid as paartjies wat net kinders het.
Diegene in enkelouerhuishoudings ervaar oor die algemeen minder lewenstevredenheid as diegene in enkelouerhuishoudings met ander familielede wat ook deel van die gesin is.
“Dit word hoofsaaklik verduidelik deur groter tevredenheid in emosionele persoonlike verhoudings,” verduidelik die verslag.
EENSAAMHEID
Die verslag toon jongmense word die ergste deur eensaamheid geraak, met ’n toename van 39% in die aantal jongmense sedert 2006 wat gesê het hulle het niemand op wie hulle kon staatmaak vir sosiale ondersteuning nie.
Die verslag stel wanhoop voor as die teenoorgestelde van geluk. Gevoelens van wanhoop lei volgens die verslag tot ’n verskynsel wat sterftes van wanhoop (deaths of despair) genoem word. Hierdie is voorkombare sterftes weens selfdood, alkoholmisbruik en ’n oordosis dwelms.
“Saam verteenwoordig dit ’n vorm van ongelukkigheid soortgelyk aan uiterste ongelukkigheid,” sê die verslag. Die verslag toon dat diegene wat aan sosiale gedrag deelneem, gesonder en gelukkiger is en ’n groter gevoel van doelgerigtheid en betekenis in die lewe ervaar.
“Dit is belangrik dat prososiale gedrag sterftes as gevolg van wanhoop kan verminder deur individue te beskerm teen die skadelike gevolge van stresvolle situasies en lewensuitdagings.”
“In tye van onsekerheid en nood bied hierdie sosiale netwerke praktiese hulp, emosionele ondersteuning en raad wat welstand bevorder en die waarskynlikheid verminder dat mense terugval op wanaangepaste hanteringsmeganismes, soos dwelmmisbruik.”
Die verslag het ook bevind dat beleggings wat sosiale gedrag aanspoor die koers van sterftes gekoppel aan wanhoop verminder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie