Bek-en-klouseer: Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag
Biosekuriteitsmaatreëls by grensposte
Besoekers of terugkerende Namibiërs moet kennis neem van die prosedures wat verwag kan word wanneer hulle die landsgrense binnekom.
Met voortdurende uitbrekings van bek-en-klouseer (BKS) in naburige Suid-Afrika (SA), het die
direktoraat van veeartsenydienste (DVS) van Namibië grensbewaking verskerp en biosekuriteitsmaatreëls versterk om die land se vee en BKS-vrye status te beskerm.
Hierdie situasie skep 'n noodgeval en noodsaak Namibiese boere en die publiek om uiters waaksaam te wees om te verhoed dat BKS Namibiese grense binnedring, maan die Namibië Landbou-unie (NLU) in hul weeklikse nuusbrief.
Wat presies is bek-en-klouseer en hoekom behoort dit vir ons saak te maak? BKS is 'n hoogs aansteeklike virussiekte wat beeste, varke, skape, bokke en selfs sommige wild aantas. Dit veroorsaak koors en pynlike blase in die mond en op die pote, wat veroorsaak dat diere nie kan eet of loop nie. BKS is dus 'n bedreiging vir Namibiese voedselproduksie.
Volgens die NLU ontwrig BKS ook handel erg en dreineer sodoende nasionale ekonomieë. Namibië het
suksesvol 'n BKS-vrye sone sonder inenting gevestig en gehandhaaf, wat amptelik deur
Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) sedert 1997 erken word.
"‘n Moontlike verlies van sy BKS-vrye status sal Namibië se toegang tot hoëwaarde-uitvoermarkte onmiddellik sluit, wat moontlik vleisuitvoerinkomste met miljoene Namibiese dollars kan verminder – en binnelandse ooraanbod veroorsaak wat pryse laat daal en die veesektor verwoes," sê die NLU. Namibië voer ongeveer 70% van sy vleisproduksie uit.
"In die geval van 'n uitbreking sal die land massiewe bestuurskoste in die gesig staar, soos uitdunning,
kontrole en waarskynlik 'n lang tydperk van herbou van vertroue en marktoegang.
"Met ongeveer 70% van alle Namibiërs wat direk van landbou afhanklik is, sal werksgeleenthede vir
Namibiërs ook ernstig beïnvloed word en die landelike ekonomie kan op sy knieë gedwing word," maan die NLU.
Wat maak hierdie virus so hoogs aansteeklik?
Die virus kleef aan byna enigiets vas, van klere, skoene, voertuie, gereedskap, dierevoer en selfs water.
Mense kan die virus vir meer as 24 uur op hul vel of in neusgange dra en dit per ongeluk versprei.
Die virus kan weke lank in die omgewing oorleef, afhangende van verskeie faktore soos temperatuur,
humiditeit, suur (pH) en die tipe materiaal waarmee dit in aanraking kom. Koel, vogtige toestande is die
gunstigste vir die virus. Die virus versprei vinnig tussen diere.
Wat is die grootste risiko vir Namibië?
Voertuie, mense en goedere wat in kontak was met besmette vee in SA voor hulle na Namibië gereis het:
Veevragmotors en -bestuurders
• Onverwerkte dierevoer
• Namibiërs wat terugkeer en besoekers wat via grensposte of lughawens reis. Hierdie risiko neem toe terwyl die jagseisoen en skoolvakansie tans in volle swang is.
• Vleis en ander rou produkte van besmette gesplete hoefdiere.
Hoe kan Namibië hierdie risiko's bestuur?
• Strenger biosekuriteitsmaatreëls op grense: Alle skoene van persone moet ontsmet word, wiele van voertuie moet ontsmet word. Vragmotors moet 'n geldige ontsmettingsertifikaat hê voordat hulle toegelaat word om Namibië binne te gaan, geen ongemagtigde vleis of produkte van gesplete hoefdiere mag uit SA toegelaat word nie, geen ongemagtigde rou dierevoer word toegelaat nie.
• Bewustheid: Terugkerende Namibiërs en besoekers moet bewus wees van die risiko's, alle
biosekuriteitsprotokolle soos die ontsmetting van skoene en voertuigwiele moet nagekom word, asook om nie met enige vee in aanraking te kom nie vir 'n minimum van sewe dae nie.
• Bewegingsbeheer van vee en veeprodukte: afdwinging van veeartsenykundige protokol en
toesigkontrolepunte.
• Behoorlike ontsmetting en skoonmaak: gepaste skoonmaak teen korrekte doserings.
Wat is boere se verantwoordelikheid?
Pas biosekuriteitsmaatreëls op plase toe deur eie kudde te beskerm, word die bedryf beskerm.
Watter maatreëls moet getref word?
• Indien jagters of besoekers van SA ontvang word, maak seker dat daar geen direkte kontak met Namibiese vee is nie.
• Maak seker dat veevragmotors wat van SA terugkeer, in SA gewas en ontsmet word voordat hulle na Namibië terugkeer.
• Enige Namibiese inwoner wat van SA terugkeer, moet versigtig wees wanneer hulle Namibiese veepersele (plase, voerkrale, veilings) besoek of terugkeer. Vermy direkte kontak met Namibiese vee indien daar enige kontak met SA-vee was vir 'n minimum van sewe dae.
• Hou alle items wat in kontak met vee is, skoon en ontsmet.
• Rapporteer siek diere sonder versuim aan u naaste veearts.
Wat doen die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad van Namibië (LLPBN) en die veeartsenykundige dienste om te verhoed dat die siekte versprei?
• Skep bewustheid rakende die bestaan en belangrikheid van siektevrye sones in Namibië;
• Skep bewustheid rakende toegang tot die vrye sone en verbode produkte;
• Lig produsente in en verskaf opvoeding oor kliniese tekens van geïdentifiseerde aanmeldbare siektes;
• Ontwikkel 'n duidelike standaardbedryfsprosedure vir vermeende dieresiektes; en
• Beweeg na noodvoorbereiding vir dieresiekte-uitbrekings.
Wat doen die NLU om die verspreiding van die siekte te help voorkom?
• Die NLU het groot kommer uitgespreek oor die huidige werklike risiko van infeksie en ondersteun 'n hoë waaksaamheids- en paraatheidsbenadering;
• Die NLU het met verskeie belanghebbendes geskakel en ondersteun alle aksies wat die verspreiding voorkom;
• Die NLU het met lede geskakel om die grensveiligheidsmaatreëls wat in plek is en die afdwinging daarvan te monitor;
• Die NLU is deel van die groep wat die minister van landbou, visserye, water en grondhervorming oor hierdie dringende saak waarsku;
• Die NLU gaan voort om met die LLPBN en DVS te skakel en ondersteun hul pogings om die verspreiding van die virus te bekamp.
"Alle Namibiërs moet hande vat om jaloers ons kosbare gesondheidstatus as 'n land wat deur die WOAH as bek-en-klouseer-vrye sone geakkrediteer is, te bewaak," maan die NLU.
GRENSBEHEERPROSEDURE
"Namibië is op 'n hoë gereedheidsgrondslag weens die toename in bek-en-klouseer gevalle in sommige van sy buurlande. Daarom implementeer die DVS, met die ondersteuning van die LLPBN, verhoogde
biosekuriteitsmaatreëls by grensposte," verseker die NLU.
"Dit is belangrik dat besoekers of terugkerende burgers van Namibië kennis neem van die prosedures
wat verwag kan word wanneer hulle die landsgrense binnekom."
• Die wiele van vragmotors en ander voertuie sal met 'n ontsmettingsmiddel skoon gespuit word;
• Daar sal van elke persoon verwag word om met hul skoene deur 'n ontsmettingsvoetbad te loop. Verder sal daar ook van hulle verwag word om ander skoene wat in die bagasie gestoor word, in die voetbad te plaas vir ontsmetting. Hierdie prosedures is noodsaaklik om 'n BKS-virus wat moontlik aan die wiele en skoene se sole kleef, hoofsaaklik deur grond en dieremis, te elimineer.
• Vragmotors wat vee na SA vervoer, moet deeglik gewas en ontsmet word voordat hulle na Namibië terugkeer. Daar moet dus 'n geldige ontsmettingsertifikaat by die grens getoon kan word voordat hierdie voertuie verder die land mag binnekom. Die DVS sal alle protokolle streng implementeer vir produkte wat 'n BKS-risiko inhou en die grens oorsteek.
• Die invoer van onverwerkte veevoere moet streng voldoen aan die permitvereistes.
• Voertuie sal geïnspekteer word vir enige ongeoorloofde produkte soos rou vleis, suiwel en
ander ongeprosesseerde produkte van gesplete hoefdiere.
"Let asseblief daarop dat biltong en droëwors wat slegs luggedroog is en nie deur 'n gaarmaakproses gegaan het nie, gekonfiskeer sal word, aangesien dit 'n biosekuriteitsbedreiging inhou," beklemtoon die NLU.
Kennisgewingborde, pamflette en ander visuele hulpmiddels sal beskikbaar wees om reisigers van
die nodige inligting te voorsien.
"Kom ons hou Namibië BKS-vry en bly waaksaam," versoek die NLU.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie