‘The Fencer’ wys by Cinemaverse
Nuusredaksie – Die Goethe-instituut stel sy gewilde Cinemaverse-filmreeks weer bekend met The Fencer, ’n bekroonde film wat medevervaardig is deur Estland, Finland en Duitsland, met Klaus Härö in die regisseurstoel.
Die vertoning vind op Dinsdag 22 Julie plaas.
The Fencer is deur ware gebeure geïnspireer en vertel die verhaal van die Estlandse atleet en afrigter Endel Nelis (1925-1993). In 1952 arriveer Nelis in die klein Estlandse dorpie, Haapsalu.
As voormalige skermkampioen begin hy as ’n liggaamlike opvoedingsonderwyser werk. Ten spyte van weerstand van die skoolhoof, kry hy toestemming om skermkuns aan die kinders te leer.
Wat as ’n eenvoudige sportsoort begin, word geleidelik iets meer betekenisvol vir beide die kinders en Endel. Die lesse bied ’n terapeutiese ontsnapping uit die probleme van die daaglikse lewe.
Maar die skoolhoof, verbitterd oor gesagskwessies, begin in Nelis se verlede ronddelf en wonder oor die werklike rede waarom ’n top-Sowjet-skermspeler na so ’n stil dorp gekom het.
Härö beskryf die film as ’n storie met ’n diep menslike boodskap. Hy besin oor Nelis se reis van elite-atleet tot skoolonderwyser en sê: “Baie van ons het aanvanklik teësinnig paaie gevolg, net om iets betekenisvols langs die pad te ontdek; ’n geleentheid, ’n doel, ’n beloning.”
The Fencer is vir ’n Golden Globe in die kategorie vir beste buitelandse rolprent genomineer en het talle ander internasionale toekennings ontvang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie