Van Namibië tot Nieu Mexico

Henriette Lamprecht
Handgemaakte skatte uit die hart van Namibië met elke stuk wat die stories, vaardighede en gees van die kunsvlytwerkers en die land op ‘n mark in Nieu Mexico vertel het. Die skeppers onder die vaandel van die Omba Arts Trust het hul handwerk uitgestal by die International Folk Art Market in die Railyard in Santa Fé wat vanjaar meer as 150 uitstallers gelok het. Dit was die 21e keer wat die mark plaasgevind het wat ‘n platform skep vir kunsvlytwerkers oraloor die wêreld om hul kulture te verteenwoordig en hul plaaslike gemeenskappe te ondersteun. Die Omba Arts Trust se verkoopsbestuurder Benson Kuzai (27) verduidelik die trust se handwerkers is baie gemarginaliseerd, met enige inkomste wat hulle op die mark kan verdien, wat goeie nuus en beslis ‘n bonus is. Die nie-regeringsorganisasie ondersteun 600 meestal vroue kunsvlytwerkers. Op die mark in Santa Fé het van bakke geweef uit palms tot juwele gekerf uit volstruisdoppe gepryk.

Volgens Benson is die internasionale mark een van die enigste groot markte wat die trust bywoon en waar hulle vir meer as 18 jaar ‘n uitstalling het. Sedert hy die afgelope vier jaar gasheer by die trust se stalletjie is, is hy trots om te sê dat die bywoning jaarliks groei.

Die Omba Arts Trust werk saam met organisasies soos die Woestynnavorsingstigting van Namibië (DRFN), die Nyae Nyae Stigting van Namibië, Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC), sowel as die Namibië Ontwikkelingstrust (NDT) en ondersteun produsente in nege streke in die land. Dit sluit in 350 Ju/’hoansi, !Kung, Hai||om en Khwe San-groepe. Die trust help die produsente om unieke handgemaakte produkte gewortel in kultuur, maar altyd met 'n kontemporêre kinkel. Gereelde opleidingswerkwinkels word in nedersettings in van kerksale tot onder bome gehou. Met baie van die produsente wat nie enige skoolopleiding gehad het nie, word daar ook onderrig verskaf oor hoe om rekord te hou.

Kommentaar

Republikein 2025-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer