Witbooi loop deur onder kritiek ná Namafees
Otis Daniels op Keetmanshoop – Kritiek is die naweek uitgespreek nadat die visepresident, Lucia Withbooi, en die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, skielik en sonder kennisgewing die openingseremonie van die sesde jaarlikse Nama-kultuurfees op Keetmanshoop verlaat het nadat sy haar toespraak gelewer het. Witbooi was die hoofspreker by die geleentheid.
Die fees is Vrydag onder die tema “Namakhoeda ge - /Gui!nâxasib- tsî ai!gûs /omkhâis !oa” (vertaling: Nama-mense wat na vooruitgang, groei en volhoubaarheid streef) gevier.
Die leier van die amptelike opposisieparty, die Independent Patriots for Change (IPC), Panduleni Itula, het tydens ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) sy misnoeë oor die voorval te kenne gegee.
“Ongeag jou nasionale posisie, moet jy die kultuur respekteer. Ons is produkte van ons omgewings. Ek het hierheen gekom omdat ek tussen Nama- en Damara-mense grootgeword het en ek is hier as die president van die amptelike opposisie. Ek het gesit waar ek aangewys is om te sit en het gedoen wat ek aangewys is om te doen. Ek kan glad nie gesag hier afdwing nie,” het hy gesê.
VISEPRESIDENT
In haar toespraak het Witbooi Namibiërs en tradisionele leiers aangemoedig om te waak teen alle vorme van verdelende neigings, uitsprake en praktyke.
“Dit kan ons verdeel en krake in die stewige fondament veroorsaak wat deur ons voorvaders gelê is. Geskille wat verband hou met verdeeldheid en opvolging is neigings wat groei kan belemmer, vooruitgang kan smoor en ontwikkeling in tradisionele gemeenskappe en die land as geheel kan stuit.
“Dit is tyd dat ons ons verskille vriendskaplik oplos en saamwerk onder die sambreel van kulturele eenheid met die fokus op maatskaplike vooruitgang, groei en ontwikkeling,” het sy gesê.
VERENIG
Witbooi het beklemtoon dat eenheid van doel die enigste sleutel is om volhoubare ontwikkeling in Namibië te bewerkstellig.
“Die Hoachanas-verdrag wat in 1858 onderteken is, het alle Nama-substamme verenig deur gesamentlike weerstand teen koloniale keiserlike verowering te bevorder, wat probeer het om hulle te verower, te onderdruk, te oorheers en hulle van hul land, erfenis en menslikheid te ontneem.
“Vandag staar ons ’n gemeenskaplike vyand in die vorm van armoede, ongelykheid en werkloosheid in die gesig. Om hierdie maatskaplike uitdagings te oorkom, is dit noodsaaklik dat ons as ’n geïntegreerde, versoende en verenigde volk saamstaan,” het Witbooi gesê.
‘MAAK GEBRUIK VAN GELEENTHEDE’
Witbooi het verder beklemtoon dat die ?Kharasstreek ryk is aan verskeie natuurlike en minerale hulpbronne.
“Hierdie streek bied geweldige ekonomiese beleggingsgeleenthede in ontginningsbedrywe; olie en gas, groen waterstof en ammoniakproduksie. Dit is noodsaaklik dat ons as ’n streek en as inwoners voorberei om die geleenthede wat in hierdie nisbedrywe beskikbaar sal word, te benut.”
Sy het die jeug aangemoedig om die geleenthede wat deur onderwys en vaardigheidsontwikkeling in dié streek gebied word ten volle te benut.
"Die kreatiewe bedryf is ’n sektor van strategiese nasionale belang waardeur die hoë vlakke van werkloosheid hokgeslaan kan word.
“Die onus rus op die jonger geslagte om ’n gees van kulturele trots te kweek en die oordragsbande te word waarop ons inheemse musiek, kuns en dans gevier, onderhou en bewaar word.”
Sy het dus alle Namibiërs aangemoedig om hulself kreatief uit te druk in kuns, kultuur, musiek en dans.
BELANGRIK
Witbooi het ook beklemtoon dat kultuurfeeste en dae ter herdenking van nasionale geleenthede nie blote byeenkomste is nie.
“Sulke geleenthede behoort Namibiërs in staat te stel om ’n sterker en veerkragtiger nasie te bou wat geanker is in die gees van nasionaliteit en patriotisme.
“Die Nama-kultuurfees en alle ander kultuurfeeste wat in Namibië gevier word, sal, deur die deel van stories, gebruike, musiek, kleredrag, dans en kos, lesse bied wat die weg baan vir ’n meer vreedsame samelewing.”
Sy het Namibiërs aangemoedig om hierdie platforms te gebruik om bymekaar te kom rondom die viering van hul gedeelde geskiedenis, tradisies en praktyke, hul unieke erfenis ten toon te stel en waardes te bevorder wat hulle as een volk verenig.
“Die Namarokhoes, wat ’n tradisionele Nama-rok is, wat gemaak is van ’n kleurvolle, unieke en pragtige lappieskombersontwerp verteenwoordig byvoorbeeld simbolies die feit dat die Nama-mense materiaalstukke is wat pragtig aanmekaargewerk is om deel van Afrika te vorm. Inderdaad, dit is hoe Afrika-kultuur gevier, gehandhaaf en bewaar moet word,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie