Applous vir St. George’s!

Henriette Lamprecht
Namibiërs se harte bars van trots nadat St. George’s se senior laerskoolkoor geskiedenis gemaak het deur die eerste Namibiese primêre skoolkoor te word om ‘n kategorie in die gesogte ATKV Applous-finale in Pretoria in Suid-Afrika te verower.

Die koor het in die ope kategorie vir Primêre Skole goud verower in die genre Gewyde musiek met koorleier Jolanda Amoraal, begeleier Ebbie Becker, perkussie Osmond !Owoseb en liedere verwerk deur Greg Gilpin en Herold Osmond !Owoseb.

Namibië is ook in dié afdeling verteenwoordig deur Walvisbaai Gimnasium in die genre Tradisionele Afrika-musiek met koorleier Otniël Tjombe, begeleier Lindie van Zyl, djembe Otniël Tjombe en skudbeker Nangula Amatsi en Zara Kufuna. Die tradionele Xhosa- en Tswana-liedjies is verwerk deur Roger Nautoro, Phela Mogotsi en Otniël Tjombe.

Kliek hier: https://q.my.na/NE56

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer