Dis ook gebruiklik om ’n nuwe vliegtuig met ’n boog water by ’n lughawe te begroet, maar Dinsdagoggend was dit – onbeplan – die beurt van ’n groep passasiers op ’n vlug vanaf Duitsland. Foto namibian.org
Dis ook gebruiklik om ’n nuwe vliegtuig met ’n boog water by ’n lughawe te begroet, maar Dinsdagoggend was dit – onbeplan – die beurt van ’n groep passasiers op ’n vlug vanaf Duitsland. Foto namibian.org

’n Nat, yskoue verwelkoming in Namibië

Augetto Graig
Dinsdagoggend het ’n groep passasiers wat pas van Duitsland af op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geland het, die skrik van hul lewens gekry. Sowat 15 passasiers wat oor die aanloopbaan na die lughawegebou gestap het, het letterlik ’n papnat verwelkoming gekry toe hulle met ’n stroom yskoue water begroet is wat uit ’n onbeheerde brandslang op ’n brandweerwa gestroom het.

Die passasiers was van kop tot tone deurdrenk asook hul handbagasie en hulle moes noodgedwonge vir hul bagasie wag om hul besoek met droë klere voort te sit.

Volgens ’n toeroperateur het lughawepersoneel nie een van die sopnat passasiers te hulp gesnel nie. Hulle is egter wel toegelaat om voorkeur by die doenebeheerpunt te kry.

Die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), Dan Kamati, sê die voorval het tydens ’n daaglikse reddings- en brandbestrydingsessie plaasgevind en behalwe vir die nat passasiers en bagasie, is niemand beseer nie.

Volgens Kamati is verskoning gevra vir enige ongerief. Hy ontken egter dat die passasiers nie hulp ontvang het nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer