Namibië staan saam
Met hartseer, woede en ’n desperate noodkreet om geregtigheid, het honderde inwoners van Okahandja gister die strate ingevaar om teen die grumoorde op drie jong meisies, Ingrid Maasdorp (5), Roslin Fabian (6) en Beyoncé !Kharuchas (15), te betoog.
Met die tragedies wat skokgolwe oraloor die land gestuur het, het families, gemeenskapslede en jongmense in solidariteit opgeruk met trane in hul oë, plakkate omhoog gehou en dringende optrede van wetstoepassers en staatsamptenare geëis.
Die dorp is in rou gedompel sedert die gewelddadige moorde wat die afgelope drie weke plaasgevind het en gister se massa-protesoptog was ’n kragtige noodkreet om geweld teen kinders te beëindig en veiligheid in Namibiese gemeenskappe te herstel.
’n Klagskrif wat deur 9 677 mense onderteken is, is aan Okahandja se polisiebevelvoerder oorhandig, waarin gevra word vir vinnige arrestasies en strenger maatreëls om die land se kinders te beskerm.
Die moorde het landswye verontwaardiging en wydverspreide optogte oraloor Namibië ontketen.
NASIE IN SOLIDARITEIT
Die rimpeleffek van Okahandja se tragedie het ver buite sy dorpsgrense gestrek.
In Swakopmund het leerlinge van verskeie skole by die massa-optog teen geweld teenoor kinders aangesluit en vrees vir hul eie veiligheid uitgespreek.
In Oshakati het studente van hoëronderwysinstellings by die Oshanastreek se onderwysdirektoraat aangesluit in ’n optog van solidariteit. ’n Klagskrif is aan die waarnemende polisiebevelvoerder in die streek, adj.komm. Fredrick Ndjadila, oorhandig waarin die spoedige arrestasie van die oortreder(s) en beter pogings geëis word om die lewens van kinders te beskerm.
In Windhoek en ander dorpe het die name van die slagoffers weergalm deur strate vol betogers wat geregtigheid eis.
Die eenheid en krag wat deur Namibiërs uit alle uithoeke van die samelewing getoon word, weerspieël ’n gedeelde vasberadenheid: Geweld teen kinders sal nie geduld word nie en diegene wat verantwoordelik is, moet aanspreeklik gehou word.
Terwyl Namibië treur oor die sinnelose verlies van drie onskuldige lewens, word die stem van eenheid van sy mense harder, wat by leiers aandring om beslissend op te tree en die kwesbaarste lede van die samelewing te beskerm. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie