'Namibië het broodwinners verloor'

Eliot Ipinge
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het gister saam met die nasie by die Mariental-sportgronde gerou tydens die massa-roudiens van die 16 slagoffers wat Saterdag noord van Mariental in ’n ongeluk gesterf het. Sy het hulde gebring aan die manne en vroue in uniform, asook twee susters en het die dag as “een van die donkerste dae in die geskiedenis van ons land” beskryf. Die president het haar medelye aan die bedroefde families uitgespreek, groter bewusmaking van padveiligheid aangemoedig en ondersteuning van die regering verseker, insluitend sielkundige bystand. “Namibië het nie net manne en vroue in uniform verloor nie, maar ook broodwinners, familielede en toekomstige leiers van ons land,” het sy gesê. Foto’s Namibiese presidensie

Kommentaar

Republikein 2025-09-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer