Angolese kinders terug in Namibië

Sewe maande gelede teruggestuur
Die groep kinders en hul ma's is in Mei tydelik in die Nasionale Jeugdienssentrum op Ondangwa gehuisves.
Tuyeimo Haidula
Die Angolese kinders wat in dorpe in die noorde van die land en ook in Windhoek en Swakopmund gesien is waar hulle houtprodukte verkoop, is weer terug in Namibië sewe maande nadat hulle na Angola repatrieer is. In Mei verlede jaar is die 73 minderjarige kinders en hul ma's na Angola teruggestuur as deel van 'n ooreenkoms tussen die Namibiese en Angolese regerings. Die proses is deur Namibië se adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit Lucia Witbooi fasiliteer. Voor hul repatriasie is die groep tydelik onder die sorg van die Namibiese regering by die Nasionale Jeugdienssentrum op Ondangwa gehuisves.

Netwerk Hub Namibië (NMH) het die groep onlangs weer in Ondangwa gewaar waar hulle naby die Omwandi Shell-vulstasie gedwaal het. Dit het vrae onder inwoners laat ontstaan oor hoe die groep telkens dit regkry om ongesiens die grens na Namibië oor te steek. Die situasie wek ook kommer oor die voortgesette uitdagings om oorgrens-migrasie te bestuur en die doeltreffende implementering van ooreenkomste tussen die twee lande te verseker. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer