Borrels, ’n blaf en ’n bostonterriër ten bate van CAN
Die dinamiese duo wat elke Vrydagaand op Uitspeel Namibiërs laat skaterlag met hul kaskenades, Republikein-nuusredakteur Henriette Lamprecht (regs) en Jo-Maré Duddy, het Saterdagoggend Windhoekers verwelkom aan die eindpunt van die Bubbles & Bark-pretstap wat ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) by die Yellowstone-staproete aangebied is. Stappers wat die 5 kilometer-roete aangepak het, is aan die einde bederf met ’n yskoue glas borrels van hul keuse – hetsy dit die skuim van ’n bier of die vonkel in ’n glas vonkelwyn was. Diegene wat deelgeneem het, kon ook ’n bra skenk vir meisies uit minder gegoede gemeenskappe. Saam met hulle is Jo-Maré se energieke bostonterriër, AJ. Foto Uitspeel


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie