No Image Caption

Namibië se topsjefs vir 2025 aangewys

Iréne-Mari van der Walt
Met breë glimlagte en trane van blydskap het emosies hoog geloop by die prysuitdeling vir die Sjef van die Jaar-kompetisie in die hoofstad Saterdag. Die jong sjef Isabella Adamson is as sjef van die jaar in die kategorie vir skoolgaande jong sjefs aangewys, terwyl sjef Elizabeth Shikongeni nie net as junior sjef van die jaar aangewys is nie, maar ook as die algehele wenner van die kompetisie. Op die foto saam met Shikongeni is uitvoerende sjef en voorsitter van die Namibiese Sjefsvereniging, Curt Burns. Sy is ook vereer vir die beste higiëniese praktyk in haar kombuis tydens die kompetisie. Timoteus Thomas is as senior sjef van die jaar aangewys. Foto Iréne-Mari van der Walt

Kommentaar

Republikein 2025-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer