Namibië in top-8 by Mej. Wêreld

Iréne-Mari van der Walt
Namibië het vir die eerste keer in die geskiedenis in die top-8 van die Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie geëindig. Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya (foto), is Saterdagaand by dié kompetisie in Hyderabad, Indië, as een van die top-2-kandidate uit Afrika aangewys. Mej. Ethiopië, Hasset Dereje Admassu, is later as die wenner vir Afrika en die algehele naaswenner aangewys. Thailand se Opal Suchaaata is as Mej. Wêreld gekroon. Kamanya het ’n graad in ekonomie en is die stigter van die InnoNation Foundation, wat ten doel het om voedsel volhoubaar te kweek en geestesgesondheid te verbeter. Sy het oor die afgelope sewe jaar gemeenskappe in onderbediende gebiede gehelp om hul eie tuine te skep en sodoende kos vir hul gesinne te kweek. Foto verskaf/Facebook

Kommentaar

Republikein 2025-06-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer