‘KOKO’, ’n roerende teaterervaring
Die aktrise en sangeres Ndayola Ulenga sal tot môre die geskiedenis hervertel in KOKO, die eerste teaterwerk wat uit die Owela Live Arts Collective Trust se Live Art Biosphere (LAB) voortspruit. KOKO, wat by die Teaterskool in Windhoek aangebied word, bied ’n roerende dokumentêre teaterervaring wat die emosionele landskap van diegene wat gedurende die apartheidsera grootgeword het, intergenerasie-geheue en die vorming van Namibiese identiteit van naderby bekyk.
Dis nie die eerste weergawe van hierdie teaterstuk nie, ’n vroeëre weergawe getiteld “Stories from Childhood” is in Oktober 2022 in ’n park in Suiderhof opgevoer as deel van die Otjomuise Live Art Festival.
Deur ’n dokumentêre stuk in drie dele op te voer, voer Ulenga haar ouers se kinderjaarverhale uit die apartheidsera op. Die toneelstuk handel oor die vreugde van kinderjare, rassespanning, sowel as persoonlike verlies, in die konteks van ’n informele nedersettings en gewapende stryd.
Met ’n vars benadering fokus die uitvoerder op storievertelling as ’n metode van geheuewerk deur dit self op te voer en staat te maak op teks en musiek. Die stories word met uitgesoekte liedjies saamgeweef wat prominent was in Ulenga se kinderjare, en poog om die ervarings wat haar ouers gevorm het met haar eie te verbind.
AKTRISE EN SANGERES
Die ster van die produksie, Ndayola Ulenga, is in Windhoek gebore en getoë.
Sy is sedert haar kinderjare passievol oor uitvoerende kunste en is deur Jenny Schuster by die Namibiese Nasionale Balletskool in Cecchetti-ballet opgelei.
Ndayola het ’n baccalaureusgraad in sosiale wetenskappe in drama en sosiologie en het verder haar toneelspelstudies deur die Identity School of Acting voltooi.
Sy neem sedert 2022 sanglesse by Hermien Coetzee en het haar Trinity College graad 8-sangeksamens in 2023 met onderskeiding geslaag. Sy is tans 'n lisensiaatstudent wat aan die Trinity College ATCL (professionele diploma)-sillabus werk. Sy sing die afgelope paar jaar professioneel en het al by verskeie geleenthede en venues in Windhoek opgetree.
Ndayola beoog om haar Trinity-onderwysdiploma te voltooi en haar loopbaan as uitvoerende kunstenaar verder te ontwikkel. As akteur het sy in drie van die 2022-’23-ronde van Multichoice/NBC se plaaslike Namibiese films gespeel, wat tans op Showmax beskikbaar is.
Ndayola was ook in 2023 die medestigter van NU Theatrics, waardeur sy die maatskappy se debuutproduksie van The Wasp deur Morgan Lloyd Malcolm geregisseer en medevervaardig het. Sy het ook daarin gespeel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie