Spoegwolf dié naweek in Namibië

Beloof ’n buitelugkonsert soos min
Yandi Du Plessis
Die immer gewilde alternatiewe Afrikaanse rockgroep Spoegwolf is dié naweek in Namibië!

Namibiërs moet beslis nie die kans misloop om een van die gewildste groepe op die Afrikaanse musiektoneel in lewende lywe op die verhoog te sien nie.

Spoegwolf bestaan uit Moskou du Toit, Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Danie du Toit. Die groep is in Februarie 2012 gestig. Die groep is gebore toe hulle in 2008 Die Burger se Jip Rockspaaider-kompetisie gewen het. Hulle eerste album, Swaartekrag, is in 2012 vrygestel en bevat die treffers “Somerset-Wes” en “Lenie Blou”. Intussen het hulle die albums Somer, Die Donker Toring, Koma en See opgeneem. Die groep het geskiedenis gemaak deur die eerste Afrikaanse musiekgroep te word om die nommereenposisie op die Apple Music-trefferparade in Suid-Afrika te beklee.

“Ons was al so vier of vyf keer in Windhoek vir shows. Dit is altyd 'n interessante ervaring. Dit voel amper soos Suid-Afrika maar jy kry Nam dollars-kleingeld in plaas van rande. Ons het in 2017 laas 'n show daar gespeel, so ons sien baie daarna uit,” het Danie destyds in 2020 voor die Covid-chaos aan Kollig gesê.

Hulle vertoning by 2020 se Camp Rock-musiekfees is tot baie se teleurstelling deur ‘n hewige reënbui kortgeknip, en dié wat gehoop het om hulle daar te sien, het nou hulle kans!

Die vierstuks tree eerskomende Saterdag 19 November by WHS se Vegkop-stadion onder die vaandel van die Windhoek Woordfees op. Die hekke open om 16:00 en kaartjieverkope sluit om 20:30. Kaartjies sal nog by die stadion beskikbaar wees tot net voor die hoofvertoning die aand begin. Kaartjies by die hek kos N$350 per persoon, maar toegang is gratis vir kinders van 12 jaar en jonger.

Mense kan kampstoele en komberse bring en op die rugbyveld kom uitspan.

Daar gaan ‘n biertent en verskeie kosstalletjies wees, maar mense mag nie hul eie drank bring nie.

Feesgangers moet van WHS se hoofingang regoor Bank of Namibia gebruik maak.

VOORVERTONING

Hoewel Spoegwolf ongetwyfeld die hooftrekpleister is, sal plaaslike talent ook die geleentheid hê om hul staal op die verhoog te wys.

Talle sangers wat deel is van die Voice of Namibia-“familie” sal by die geleentheid optree. Die nuwelinggroep Nostalgie en die veteraanmusikant Sagarias Tsam sal ook ‘n draai op die verhoog maak.

Die veelsydige Lin-Mari is ‘n pianis, sanger én liedjieskrywer. Sedert sy in 2021 as die wenner van Voice of Namibia, die land se grootste sangkompetisie, aangewys is, het sy haar enkelsnit “Alles” vanjaar uitgereik. Dié snit met sokkietreffer-potensiaal is deur die Namibies-gebore Hugo Ludik, nou ’n bekend musiekvervaardiger en sanger in Suid-Afrika, vervaardig. Die snit is by Muse Studios in Johannesburg opgeneem. Die jong sangeres het ‘n album op pad, en het al by verskeie groot geleenthede soos die Outjo Wildsfees en die kroning van Mej. Tiener Namibië opgetree.

Mike Nghituwamata, ook bekend as Mikeyboy, is ‘n R&B- en Soul-sanger van Windhoek. Hy is ook ‘n liedjieskrywer en ‘n voorsanger vir die Major 7th’s Jazz Band.

Mike, wat al sedert die ouderdom van 17 in die musiekbedryf is, werk tans aan sy eerste solo-album. Hy het vandeesmaand die derde plek in die Voice of Namibia-kompetisie ingepalm.

Lize Visser is ‘n 21-jarige student en juffrou by Busy Brains in Klein-Windhoek. Vir so lank soos sy kan onthou, was musiek deel van haar lewe. Sy het haar eerste kitaar gekry toe sy tien jaar oud was en haar eerste sangkompetisie op dié ouderdom gewen. Haar eerste en enigste liedjie is opgeneem toe sy 11 jaar oud was. Sy het haar sangsertifikate deur Trinity College in Londen gedoen en het tot graad 8 gevorder.

Sagarias Tsam is ‘n boorling van Namibië wat in sy moedertaal, sowel as in Afrikaans en Engels liedjies skryf en sing. Met kitaar in die hand roer die unieke klanke van sy liedjies menigte mense se hartsnare. Sagarias is ‘n veelsydige man wat in verskeie musiekgenres sing en iets eiesoortig na die verhoog bring. Hy het tot dusver verskeie snitte uitgereik, waarvan “Nâma He Ta Ge Hâ” die gewildste is.

Nostalgie beskryf hulself as ‘n “paar musikante wat musiek van die ouderjare laat herleef en elke oomblik daarvan geniet. Ons speel die akkoorde wat jou laat verlang na vervloë dae.” Die groep bestaan Rias Oberholzer, Juan Viljoen, Wayne van der Linde, Willie Coetzee, Chris de Jager. Nostalgie se eerste snit “Afrikaans” is in 2018 uitgereik. Hierdie band tree gereeld op groot verhoë in Namibië op, soos by vanjaar se Wildsfees, en laat die voete jeuk met hul klanke van ouds.

Kaartjies vir die Vegkop-konsert kan by eticket.my.na aangeskaf word. Kaartjies wat vooraf aanlyn of by die Republikein-hoofkantoor in Eros gekoop word, kos N$300, terwyl kaartjies by die hek teen N$350 beskikbaar sal wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 897.30/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 84.75/BBP DOWN -0.0223 | Platinum US$ 949.21/OZ UP +1.55% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 897.30/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 84.75/BBP DOWN -0.0223 | Platinum US$ 949.21/OZ UP +1.55%