Rehobothers skud môre hul heupe by hip-hopfees
Die inwoners van Rehoboth is reeds in rep en roer oor die Afrikaanse hip-hopfees wat môre op dié dorp aangebied word. Groot name in plaaslike musiekkringe, soos Ixa and Jericho, sal by die fees optree, wat volgens die organiseerder, Amor McNab, ten doel het om talentvolle jongmense op die dorp ’n hoop weg van dwelms te gee. Die dorp word lank reeds deur dwelms geteister. McNab glo egter die geleentheid om hul talent op die verhoog met bekende kunstenaars te deel, kan vir talle ’n beter toekoms verteenwoordig. In die foto is die kletsrymer Jericho. Foto Facebook
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie