• Tuisblad
  • Kollig
  • Poësie ‘my reddingsboei wanneer stormwaters woed’

Poësie ‘my reddingsboei wanneer stormwaters woed’

Yandi Du Plessis
Haar stem is aan menigte Namibiërs bekend as ’n radio-omroeper by Hartklop FM.

Wat minder mense dalk van Ingrid Kisting weet, is dat sy ’n vars bries op die plaaslike poësietoneel is wie se digkuns onlangs met ’n toekenning by die ATKV Pluimpies bekroon is.

Haar grootste inspirasie om te skryf het in 2021 posgevat tydens die drie weke waartydens sy by die Okonguarri-sentrum ingeboek was, waar sy behandeling vir depressie ontvang het.

“Een van die terapeute, Nonelwa Gquede, het my aangemoedig om te begin skryf nadat sy ’n werkstuk wat ek vir ’n sessie moes voorberei, gelees het,” vertel Ingrid.

Haar heel eerste gesig was, heel gepas, getiteld “Okonguarri” en daarna het sy ook verskeie ander oor hierdie instansie geskryf, “want dit was onlosmaakbaar deel van my lewe en my skrywe gaan oor my lewe”.

Ingrid sê vir haar het digkuns net natuurlik gekom as ’n manier om haarself uit te druk.

“Een reël in ’n gedig kan soveel meer as ’n hele paragraaf in ’n verhaal sê. Ek het ook bietjie OCD (obsessief-kompulsiewe versteuring) en dink dit is ook hoekom ek meestal in paarrym skryf. Struktuur is vir my uiters belangrik.”

Haar inspirasie kom in talle vorms, maar haar eie lewe en belewenisse is haar grootste inspirasie.

“Dinge wat ek tydens my kinderjare ervaar het asook dit wat ek in die lewe tot nou moes deurmaak, help my om te skryf. Wat mense aanbetref, is die persoon aan my sy, Sarel Baumgarten, my grootste inspirasie. Hy moedig my altyd aan om te skryf en is maar die stille toehoorder sodra ek ’n gediggie klaar geskryf het. Dan is daar natuurlik Henriëtte van Wyk, skrywer en digter uit eie reg wat reg van die begin af die potensiaal in my raakgesien het en ook van my werk taalkundig versorg het en my steeds help.”

Haar dogter, Chess-Lynn, is natuurlik haar ma se grootste aanhanger, “en almal wat so graag na my gedigte luister en in stilligheid handeklap. Ook diegene wat kritiek lewer ... glo my, dit help. Ek is so baie aan hulle almal verskuldig”.

Sy vertel die skryfproses het ’n geweldige rol in haar geestesgesondheidsreis gespeel.

“Ek weet nie waar om te begin nie. . . ek skryf veral wanneer ek hartseer voel – dit is asof ek myself dan net makliker kan uitdruk en agterna voel ek sommer stukke beter of ek huil my oë uit. Pleks daarvan om na ’n donker plek te gaan, kan ek die boek en pen optel en myself uit daardie gat skryf. Dit het soort van my oorlewingsmeganisme geword – my reddingsboei wanneer stormwaters woed.”

Een van Ingrid se gedigte het al in Republikein verskyn en op sosiale media, maar nog nie in druk nie. Sy vertel sy is tans besig om aan haar debuutbundel te werk.

Sy het ook onlangs ’n ATKV Pluimpietoekenning vir haar 31 gedigte ontvang. Die jaarlikse ATKV Pluimpie-dinee is ’n swierige toekenningsgeleentheid waartydens diegene wat ’n beduidende bydrae tot Afrikaans maak, erkenning ontvang.

“Dit was totaal en al onverwags. Dit beteken onsetttend baie vir my, want die toekenning beteken dat ek erkenning as skrywer en digter kry en dat ek myself nou ’n waardige skrywer kan noem. Mag ek byvoeg dat dit die bepalende faktor vir verdere skrywe vir my was.

“Ek’t nie verwag om met ’n Pluimpietoekenning weg te stap nie. Ek het bloot as uitlaatklep begin skryf en dit het later soort van ’n stokperdjie vir my geword. Verlede jaar wou ek inskryf, maar was egter te laat en het dus besluit om hierdie jaar ’n kans te waag.

“Soos hulle sê; die res is geskiedenis. Vir my as digter (groentjie natuurlik) is dit ’n geweldige prestasie en beteken ek is op die regte pad en sal graag teen volgende jaar dié tyd my bundel op die rakke wil hê.”

Haar raad aan aspirantskrywers is die volgende: “Alhoewel ons as digters so min publisiteit en erkenning kry, moet nooit opgee nie en hou aan skryf. Beskou enige kritiek – goed of sleg – as opbouend, moenie dat dit jou breek nie. Hou aan droom, want ’n droom is ’n wens wat die hart maak.”

Haar debuutbundel en “lewensreis”, Oppad, is “op pad”.

“Baie dankie aan almal wat my so getrou bystaan en aanmoedig.”

[email protected]



(KASSIE)

Dagbreek

13 Oktober 2021

Met flitsligte loop ons asof in ’n stoet

’n nuwe dagbreek tegemoet

Waar die nag sy kombers hoër opskuif

om die nuwe daeraad nader te wuif

Pienk, oranje, geel en blou

breek deur op die horison na die skemer se grou

Die donker van die nag meteens weg gewas

deur ’n skildery uit ons Meester se kwas

Skaam speel die son soos ’n lekkende vlam

op die bergtoppe wat hierdie kunswerk so perfek omraam

Die geritsel van droë blare op die wind se gesuis

is soos die bloed wat deur ons are bruis.

Sonbesies en voëlsang sluit aan by die koor

Hulle kan ons van vroegoggend tot laatnamiddag hoor

Koedoes se voetval die polsslag van die natuur

in ritme en harmonie met al die geluide hier

Nêrens anders as op Okonguarri

sal jy ’n dageraad soos hierdie ooit ervaar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%