Moenie ‘You Have Loved Enough’ misloop nie
Othello Joseph en Galilei Njembo sal vanaand vir die laaste keer hul duet-opera en teaterstuk, You Have Loved Enough, opvoer, wat inspirasie put uit die poësie van Leonard Cohen.
Njembo het ook die regie vir die teaterstuk saam met teaterlegende Sandy Rudd behartig.
Die toneelstuk kyk terug na ’n verhouding tussen twee mense van uiteenlopende agtergronde met temas van liefde, verlies, hartseer en mishandeling en ’n fokus op geestesgesondheid.
“Ek het gedink dit sou intimiderend wees [om saam met Sandy te werk]. Ek onthou ek het voorheen al saam met haar gewerk en ek was senuweeagtig daaroor.
“Ek was toe net 20, maar ons het so baie tyd saam deurgebring om hierdie stuk te maak. Deur dié samewerking en hoe baie tyd ons nou saam deurgebring het, kan ons nie anders as om vriende te wees nie,” het Galilei in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) se Afrikaanse program, Kletskompas, gesê.
Oor die lesse wat hy by haar geleer het, het hy gesê: “Een ding wat ek dink van toepassing is vir enige vorm van werk wat jy doen, is om dit te motiveer, motiveer, motiveer.
“Dis wat Sandy die heeltyd vir my gesê het. Hoekom wil ek daardie lig daar hê? Hoekom wil ek die stoel daar hê? Ek moes my antwoorde motiveer. Ek dink dit is van toepassing op soveel dinge wat ons in die lewe doen.”
“You Have Loved Enough” het gister by Windhoek Hoërskool geopen en sal vanaand vir die laaste keer op die planke wees. Kaartjies is by webtickets.com.na beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie